Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Anderkant die eerste Ster
Anderkant die eerste Ster
Anderkant die eerste Ster
Ebook213 pages2 hours

Anderkant die eerste Ster

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Liefdesverhale, kinderstories, rillers en verhale oor die Anglo Boereoorlog geskryf na kyke op die lewe en vele reise oor die aardbol.

Ook lewenssketse van ervaringe en dinge wat met ons gebeur en sal en kan gebeur.

Die meer as sewentig stories is flitsverhale en korter as 1000 woorde vir vinnig lees in 'n paar minute. Twee vollengte kortverhale is ingesluit.

LanguageAfrikaans
PublisherVDS Brink
Release dateJul 6, 2014
ISBN9781311198921
Anderkant die eerste Ster
Author

VDS Brink

VDS Brink fought against the Russians in the Cold War as Shackleton maritime bomber aircrew member, studied geology and did mining business development in Vietnam, Mozambique, Peru, USA, Kazakhstan and Australia.Toastmaster International’s Advanced Gold majoring in Storytelling and Humour. Studied group behavior psychology and short story writing. Wrote more than a hundred short stories learning that we are story animals to capture hearts and to teach the lessons of life with it.MBA lecturer on strategy for the Open University, innovation and strategy development for many companies and academic institutions.Addressed many groups and several graduation ceremonies. Session leader for the Governor General of Canada, Her Excellency Michaélle Jean, on her visit to South Africa.Co-founder of Personera.com, winning a Microsoft Enablis award in the media category.A Jack of all Trades helping businesses while loving writing science fiction, horror and love stories.

Related to Anderkant die eerste Ster

Related ebooks

Related articles

Reviews for Anderkant die eerste Ster

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Anderkant die eerste Ster - VDS Brink

    Voorwoord

    Flitsstories is korter as ʼn duisend woorde. Dit kyk na die lewe uit alle hoeke en verskeie genres. Fantasie, sprokie, inspirasie, wetenskapfiksie, liefde, spook, riller, aksie, satire, speur en misterie.

    Dit is gegrond op vyftig jaar in die soet en die suur van die lewe. Dit speel af in verskillende lande en tonele.

    Flitsstories is moeilik, die skrywer moet met die minimum van woorde die leser se verbeelding neem en al die elemente van ʼn lang verhaal bondig aanbied.

    Die stories is geskryf as lid van ʼn flitsstorie groep en ook as werkstukke van ʼn kortverhaal kursus.

    Dit kyk na die lewe in vele fasette en deel ervaringe, skep fiktiewe gebeure. Die meeste van die stories is fiksie met karakters. Dikwels word dieselfde karakters gebruik, maar in ʼn ander konteks. So gee dit vir die leser ʼn mate van kontinuïteit.

    Die titel met erkenning aan Uys Krige, En Fort Wajir lê ver, lê ver, ander die eerste ster …

    1 Anderkant die eerste Ster

    Dit is maar net tien kilometer groot en draai stadig in die rondte. Almal is baie bang, die eerste tekens reeds weke gelede gesien.

    Ver bo almal in die ruimtestasie is Lydia die eerste wat die spikkeltjie deur haar teleskoop sien, Ag wat dis niks, al weer ʼn bohaai wat sal verby gaan.

    As die volgende drie weke net kan verby gaan. Dit raak nou net te lank en alleen hier bo. Sy verlang so na Pieter en klein Leon. Die outjie skaars ʼn jaar oud, praat sonder ophou en vermaak mens sover hy gaan!

    Die Meerkat ruimtebeheerstasie by Carnarvon kontak haar elke uur, Lydia, jy moet nou baie mooi kyk en vir ons presies meet. Sy naam is Elkiya II.

    Weke gaan verby, en almal weet nou dit is onvermydelik dat die botsing gaan gebeur. Lydia sit vasgenael voor die patryspoort, die voorwerp nou groot en duidelik, die vlamme spat toe dit die atmosfeer tref.

    Sy sien duidelik Johannesburg se liggies ver onder haar. Die voorwerp tref die aarde skaars 80 kilometer suid van die stad. Alles is verby, alle lewe op aarde vernietig ... vir altyd.

    Lydia land in Franschhoek. Hier het sy groot geword, Pieter en klein Leon sou hier wag by hul huis teen die berg op hul plaas La Petite Provence. Pappa en Mamma weer waar sy groot geword het op Mont Rochelle net buite die dorp.

    Om haar is niks, geen lewe, geen plante net niks …

    Aan die Hugenote Monument hang dit aan ʼn dik tou. Die lewelose oë staar na niks. Dit het al baie gebeur, maar vir die heel eerste keer ooit is daar geen brommers …

    Geinspireer deur Leon Rousseau se Groot Avontuur en die asteroide wat 2000 miljoen jaar gelede by Vredefort geval het. Die titel van Uys Krige se Fort Wajir is ver, is ver, ander kant die eerste ster.

    2 Die Loch Ness Monster

    Kommandant! Kommandant! roep die rapportryer en sy vosbruin hings trippel in ʼn stofwolk tot langs die slapende kommandant Piet Haasbroek.

    Wat is dit nou weer, Jan?

    Kommandant, ek kom nou net van Kroonstad af en het ʼn draadberig van oom Paul homself!

    Piet skrik helder wakker, Oom Paul! Kannie wees nie!

    Versigtig en bang maak hy die koevert oop en begin die draadberig lees, Ik neem kennis van burger Koos Nel's heldhaftige actie en bevordert hem hier mee tot Veldkornet. Getekend, SJP Kruger.

    F#@$kkit! Net nie dit nie! Wat maak ek nou? Die dronklap is nou ʼn veldkornet!

    Koos se werk is om die Kakies wat hulle gister gevang het, op te pas. Hy sit met die Kakies se Lee Metford op sy knieë en hou wag oor die vyftien half besope Skotsmanne. Tussen sy voete die amper leë erdekruik gekonfiskeer by die dronklappe, trippel gedistilleer. Die lewe is ʼn lied!

    So half eenkant sit ʼn ou. Hy hou vir Koos fyn dop. Hendrick McLeod en dis nou net hier waar die jakkalsdraaie gaan begin. Ou Koos, hoe lyk dit met nog so ʼn doppie daar?

    In sy beneweling kyk Koos verbaas op, die Kakie in die rok praat dan ons Taal!

    Dis nou net hier waar ons eers ʼn vêr draai moet gooi. Sien so agtien jaar tevore het die berugte Rotterdamse opium smokkelaar, Hennerik Maneschijn gereeld die kanaal trotseer om sy ware in Inverness te gaan lewer. Terwyl hy daar was, dan ook sommer van die verbode vrugte gaan pluk.

    Een so ʼn vruggie was die mooie, sproet gesiggie, Sally McLeod. Oor die jare het hy gereeld vir sy seun gaan kuier en sommer groot gemaak om die winsgewende bedryf later oor te neem. Klein Hendrick ken die Taal, dit kan ek jou nou vertel!

    In hul dorpie was sy titel, The village idiot. Al rede hoekom hy hier by die Royal Highland Fusiliers is, is omdat hy van the Taal iets van weet. Wys jou net, domgeit kan ʼn bate wees!

    En nou, hou jou hart vas want die nuut bevorderde en meestal half besope veldkornet en die dowwe ou van Loch Ness is nou dalk kop in een mus ... wees bang, sommer baie bang!

    Die twee loer af in die gat na die snorkende Kakies en kyk lank en diep in mekaar se oë ... Ou Hendrick, nou vertel my meer van jou dinge?

    Jy sien Koos, waar ek vandaan kom woon mos die reuse monster in die dam reg voor ons huis.

    Kannie waar wees nie! Regtig? vra Koos.

    Genuine! En elke nag presies drie uur dan snork hy en klim uit en dan al wat jou red is tien slukke double distilled ...

    Ou Koos sug diep, dit sal darem nou lekker wees.

    Ou Koos, kan ek jou ʼn geheim vertel? Waar dink jy kom die erdeflesse vandaan?

    Waar? vra Koos gretig.

    Kom laat ek jou gaan wys! Op ʼn drafstap is die twee af in die rivier so een myl verder, net hier, Koos, grou!

    Koos grawe met sy hande en sowaar, nog vier groot flesse!

    Sal ons ’n doppie maak ou Koos?

    Hendrick trek die kurk uit en maak asof hy ’n diep sluk gee. Koos gryp die fles en sy adamsappel spring op en af.

    Gee vir my ook, en weer maak Hendrick of hy sluk.

    Kort voor lank sak Koos op sy knieë, Ou Hendrick, jysh mosh ʼn pel duishend

    Die genadige donkerte sak op hom neer.

    Intussen terug by kamp vergader Kommandant Haasbroek en sy veldkornette. Ouens, Koos is nou ʼn veldkornet, ons sal moet saam leef daarmee. Kom ons stap af en gaan vertel hom en dan sal een van julle sal by die Kakies daar in die gat moet af los.

    Hulle kom by die gat, geen Kakies, geen Lee Metford, net ʼn uitstrekte snorkende Koos.

    Koos, word wakker! beveel die kommandant.

    Koos se een oog gaan oop, ... Hendrick waarsh jy, ha? ... jou twee gat jakkalsh!

    Gebaseer op ’n onlangse besoek aan Inverness en ontmoeting met die berugte monster.

    Gooi nog ʼn doppie daar. Bron: David Kramer se Royal Hotel.

    Die stuur van woorde oor drade is reeds in 1841 gedoen na die uitvinding van Samuel Morse. Gedurende die ABO is die woord Draadberig hiervoor gebruik. Bron: Schoeman, J. 1950. Genl Hendrik Schoeman, ʼn verraaier?

    3 Tussen treine, tussen stasies

    "Elke keer was dit 'n afskeid, elke keer weer 'n begin, 'n honderd haltes langs die spoor, elke stasie het sy eie skim."

    Die sekelmaan hang stil in die weste, die blare van die bloekoms hang stil.

    Jy kan maar blaas ou Pieter, die groen vlag waai al! sê Koos.

    Pieter trek die ketting in die dak en die skril fluit weergalm oor Hutchinson stasie. Koos trek die hefboom en die 25C begin stadig vorentoe kruip, die Trans Karoo agter hom met die slapende passasiers. Voor op die rook deflektors staan met trots en blink ge-Brasso, "Annemarie"

    Gou-gou wys die spoedmeter 50 myl per uur.

    Nog 5 om te gaan dan is ons daar! sê Koos. Pieter gee nog so bietjie gas jong, ek maak vir ons koffie!

    Pieter neem die graaf en skep diep en gooi vêr in die vuurkas. Die 8 reuse wiele klip-klap op die laste. Koos kyk uit na sterrehemel soos jy net in die Roggeveld sal sien. Biesiespoort kom nader, die sinjaal is op en die nag voorman staan reeds gereed op die platform om die ring aan te gee.

    Hallo Johan! roep Koos vrolik.

    Mooi ry oom!

    Pieter weet wat nou gaan gebeur, almal in De Aar lag mos daaroor, sit sy graaf neer en leun saam met Koos by die venster uit. Net hulle by die koppies anderkant die van die stasie verby ry en die dowwe lamplig in die plaas opstal mooi sien, val hy luidkeels saam met die oom in, My oom se motor is ’n ou masjien ... stuur groete aan Mannetjies Roux!

    Lekker slaap ou Mannetjies en tannie Charlotte! roep Koos in die nag.

    Die 25C, sy paf-paf mos nie, want C staan vir condenser, loop heerlik en navigeer die smal spoor met al die wysheid van haar 50 jare. Dit word skemer in die Ooste, Drie Susters reeds agter hulle en die reis byna verby.

    Hulle maak die wye draai om Beaufort se dam. Weet jy Pieter, dis net hier waar Dokter sy dogter leer ski het ...

    Die pale verskyn weerskante van die spoor, die dik draad hang oor hulle. Toe hulle Beaufort binnegaan, die geklik van die wielslaners weerklink ... en dreigend staan die blinknuwe 6Es geparkeer.

    Pieter, ek belowe jou niemand sal ooit ʼn draadkar ʼn naam gee nie, sê Koos verbitter.

    Koos en Pieter haak af, rangeer tot by die skuur, draai vir Annemarie om en blaas af. Nou gaan rus om vanaand weer terug huis toe te gaan. Huis toe ... vir die heel laaste keer.

    Koos en Annemarie sal saam moet gaan. Sy na die skrootwerf se genadelose sweisvlam en Koos sal weer alleen oorbly. Weer alleen met net sy hoenders in die agterplasie en die ou drywers wat altyd bymekaar staan.

    Koos maak sy kosblik oop, daar is ʼn bossie wit rose, vir die laaste keer stap hy na die ou kerkie in die hoofstraat, kniel by die graf en soos hy al die jare doen, en sit wit rose op die graffie van Dokter.

    Die volgende oggend, baie vroeg, stap hy weer met nog bossie rose na De Aar se kerkhof om vir haar te gaan gee, nou reeds 15 jaar van hom weggeneem, om weer en weer te gaan huil oor ... Annemarie.

    ’n Lewensskyfie van iets wat verbygegaan het. Erkenning aan Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock en Laurika Rauch se lirieke, die fotos is by Rovos Rail in Capital Park, Waterval Onder en Beaufort Wes geneem. Die 6E is ʼn iStock foto. Die rolprent Roepman en my vele ritte van Hutchinson na die kosskool in Kaapstad as inspirasie.

    4 Uit 'n ander Wêreld

    Die tuin is pragtig, die gras gesny en die rose in volle blom, maar tog het die huis langsaan jare leeg gestaan. Gordyne is toegetrek, geen mense ooit daar gesien nie.

    Een nag, in die middel van die winter, met ʼn ysige wind uit die suide, die vroeë oggend ure, word Pietertjie wakker. Hy kyk deur die venster en al die ligte skyn langsaan is vir die eerste keer ...

    Nag na nag word hy wakker en dan is dit so, tot een keer ... sy staan net daar, donker hare, bruin sluimerende oë, amper soos ʼn sigeuner. Elke keer kyk sy vir hom, glimlag effens en waai selfs. Sy neem sy drome oor ...

    Sy was uit ʼn ander wêreld, dalk van iewers vêr, dalk uit ʼn ander tyd?

    Wat is haar naam? wonder Pietertjie, kan dit dalk iets soos Anastasia wees?

    Hy is skaars twaalf jaar oud en dit is sy groot geheim. Dit te kosbaar en sy skans teen die brutale aanslae in sy lewe, want elke dag in die skool ʼn nagmerrie met alles moontlik wat verkeerd gaan. Net sy goeie punte in Wiskunde kan effens opmaak.

    Klein, lelike bleeksielietjie en sy grootste vrees, Paul die boelie. Hy het altyd geweet waar om hom in ʼn hoek te druk, te stamp in sy maag en seer te maak tot vreugde van sy vriende. Sy huis is sy veilige hawe, sy wonderlike ouers en veral die middernagtelike kykies oor die heining, al wat hy voor leef.

    Dit is Vrydagaand, sy ouers weg na ʼn funksie en die deurklokkie lui. Pietertjie maak dit oop en Paul en sy drie vriende storm in.

    Jou klein vark! skree Paul terwyl hy rook in sy gesig blaas. Wie is jy om altyd van ons gekke te maak met jou goeie punte?

    Hulle gooi hom op die vloer en skop in sy maag.

    Dit sal vir jou ʼn les leer!

    Die houe hou aan en aan en die seerkry verskriklik.

    Die deur kraak stadig oop en sy, petite klein, stap in. Nee ... dit lyk eerder asof sy insweef. Sy dra ʼn kleed met ʼn kappie, amper Middeleeus. Sy loop reguit na Paul toe, haar bruin oë gluur.

    Wat het ons hier? vra Paul met ʼn breë wellustige glimlag. Wat ʼn beauty! Net waarvoor ek voor so lank gewag het!

    Hy gryp na haar, maar sy klap sy hande weg, slaan haar arms om sy lyf en slinger hom oor die vertrek. Hy tuimel drie of vier keer deur die lug voordat hy die vloer tref en net daar bly lê. Bloed syfer uit ’n wond aan sy kop en sy linkeram is skeef onder hom ingevou.

    Sy stap na die ander, die een kry ʼn vuishou in die maag en toe hy dubbel vou breek haar knie sy neus, die volgende een probeer wegkom, sy gryp hom aan sy voet, tel hom kop onderste bo

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1