Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)
As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)
As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)
Ebook261 pages7 hours

As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

By die altaar gelos en sonder 'n huis gelaat, het Rosie Xalbadora 'n werk aanvaar as 'n goewernantes op die rand van die Australiese outback. Daar ontmoet sy vir Pippa Bristow, 'n sensitiewe kind wat haar ouers se bitter egskeiding hanteer deur na 'n magiese wêreld van sprokies koninginne en eenhorings te ontsnap.

Aangestel om vir Pippa met haar verswakkende studies te help, raak sy 'n pion in die voortdurende toesig dispuut tussen Pippa se pa, Adam, en sy selfsugtig, olie-erfgenaam vrou. Soos die spanning opbou en Rosie betrokke raak by die Bristow’s se baie geheime, moet sy die spoke van haar eie pynlike verlede in die gesig staar terwyl sy 'n groeiende aantrekking tot haar sag-op-die-oog, emosioneel-onbeskikbare werkgewer beveg. Maar hulp kom in die vorm van 'n prettige bejaarde buurvrou, 'n vriendelike klein dorpie, en 'n spook ridder wat Rosie elke aand in haar drome besoek.

‘As Wense Perde Was’ is die eerste boek in 'n familie saga wat afspeel in Australië, met die hartverskeurende, gotiese ondertone van ‘Jane Eyre’, en net 'n sweempie van die bonatuurlike.
.
"'n Mistieke, magiese landskap, en ou legendes kry 'n nuwe lewe..." — Romancing History Blog
.
"Ek was onmiddellik in die karakters se lewens ingetrek, en het gevoel asof ek reg langs Rosie staan terwyl sy worstel met haar lewe wat uitmekaarval..." – N.Y. Times Best Selling Author Stacey Joy Netzel
.
"Beide Rosie en Adam is beskadigde mense... Pippa, die klein dogtertjie, is bekoorlik, [sy’s] baie broos, en vasgevang in die lelikheid van 'n toesig stryd tussen haar ouers... Jy sal Pippa ʼn drukkie wil gee en haar veilig laat voel..." — Dark Lilith Book Blogs
.
Die Veiling Trilogie: 'n Hedendaagse Jane Eyre
Boek 1
.
Afrikaanse taal - Afrikaans language
.
*
Sleutelwoorde: Afrikaans, Afrikaanse uitgawe, Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, Afrikaanse taalboeke, Afrikaanse romans, Afrikaanse taalverhale, Afrikaanse romans, vrouefiksie, kontemporêre vroue, literêre fiksie, egskeiding, kinderopvoeding, familiesaga, familiesaga, westerse, westerse romanse, australië, australiese romanse, ouerskap, kinderjare, goewerneur, nanny, jane eyre, wat om te lees na jane eyre, nuwe volwassene, gotiese, Afrikaans, Afrikaans edition, afrikaans language, afrikaans books, afrikaans language books, afrikaans novels, afrikaans language novels, afrikaans romance, women's fiction, contemporary women, literary fiction, divorce, child custody, family saga, family sagas, western, western romance, australia, australian romance, parenthood, childhood, governess, nanny, jane eyre, what to read after jane eyre, new adult, gothic

LanguageAfrikaans
Release dateOct 15, 2017
ISBN9781943036561
As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)
Author

Anna Erishkigal

Anna Erishkigal is an attorney who writes fantasy fiction under a pen-name so her colleagues don't question whether her legal pleadings are fantasy fiction as well. Much of law, it turns out, -is- fantasy fiction. Lawyers just prefer to call it 'zealously representing your client.'.Seeing the dark underbelly of life makes for some interesting fictional characters. The kind you either want to incarcerate, or run home and write about. In fiction, you can fudge facts without worrying too much about the truth. In legal pleadings, if your client lies to you, you look stupid in front of the judge..At least in fiction, if a character becomes troublesome, you can always kill them off.

Read more from Anna Erishkigal

Related to As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)

Related ebooks

Related articles

Reviews for As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    As Wense Perde Was (Afrikaanse uitgawe - Afrikaans Edition) - Anna Erishkigal

    As Wense Perde Was

    Die Veiling Trilogie:

    'n Hedendaagse Jane Eyre

    Boek 1

    .

    deur

    Anna Erishkigal

    .

    Afrikaanse uitgawe

    .

    Lied van die Rivierreeks

    Kopiereg 2017 - Anna Erishkigal

    Alle Regte Voorbehou

    Opsomming

    By die altaar gelos en sonder 'n huis gelaat, het Rosie Xalbadora 'n werk aanvaar as 'n goewernantes op die rand van die Australiese outback. Daar ontmoet sy vir Pippa Bristow, 'n sensitiewe kind wat haar ouers se bitter egskeiding hanteer deur na 'n magiese wêreld van sprokies koninginne en eenhorings te ontsnap.

    Aangestel om vir Pippa met haar verswakkende studies te help, raak sy 'n pion in die voortdurende toesig dispuut tussen Pippa se pa, Adam, en sy selfsugtig, olie-erfgenaam vrou. Soos die spanning opbou en Rosie betrokke raak by die Bristow’s se baie geheime, moet sy die spoke van haar eie pynlike verlede in die gesig staar terwyl sy 'n groeiende aantrekking tot haar sag-op-die-oog, emosioneel-onbeskikbare werkgewer beveg. Maar hulp kom in die vorm van 'n prettige bejaarde buurvrou, 'n vriendelike klein dorpie, en 'n spook ridder wat Rosie elke aand in haar drome besoek.

    As Wense Perde Was is die eerste boek in 'n familie saga wat afspeel in Australië, met die hartverskeurende, gotiese ondertone van Jane Eyre, en net 'n sweempie van die bonatuurlike.

    .

    "'n Mistieke, magiese landskap, en ou legendes kry 'n nuwe lewe..." — Romancing History Blog

    .

    "Ek was onmiddellik in die karakters se lewens ingetrek, en het gevoel asof ek reg langs Rosie staan terwyl sy worstel met haar lewe wat uitmekaarval..." – N.Y. Times Best Selling Author Stacey Joy Netzel

    .

    "Beide Rosie en Adam is beskadigde mense... Pippa, die klein dogtertjie, is bekoorlik, [sy’s] baie broos, en vasgevang in die lelikheid van 'n toesig stryd tussen haar ouers... Jy sal Pippa ʼn drukkie wil gee en haar veilig laat voel..." — Dark Lilith Book Blogs

    .

    Leesorde van Die Veiling Trilogie:

    — As Wense Perde Was

    — Put van Drome

    — Kyk! 'n Vaal Perd

    Inhoudsopgawe

    Opsomming

    Inhoudsopgawe

    Toewyding

    Skotse spreekwoord

    Proloog

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Hoofstuk 17

    Hoofstuk 18

    Hoofstuk 19

    Voorskou: Put van Drome

    Opsomming: Put van Drome

    ‘n Oomblik van jou tyd, asseblief…

    Sluit aan my by lesers groep

    Opsomming: ‘n Gotiese Kers Engel

    Opsomming: Swaard van die Gode

    Iets oor die Skrywer

    Oor die vertaler

    Ander Boeke

    Kopiereg

    Toewyding

    Ek wy hierdie boek aan enige iemand wat al ooit in 'n besige vertrek gestaan het en verskriklik, onlosmaaklik alleen gevoel het.

    Skotse spreekwoord

    As wense perde was, sou bedelaars ry.

    As rape swaarde was, was daar een aan my sy.

    Was of’s en en’s potte en panne.

    Was daar geen werk vir onderwysers se hande.

    .

    — Skotse Spreekwoord, 1670

    Proloog

    'n Verlate wind het deur die sonverbrande doringbosse geritsel soos die klein, wit ponie by die hek staan en haar dogtertjie op die horison soek. Die grond het elke dag droër geword, die voer yler, en die dam het opgedroog tot ʼn modderige poeletjie. Die ander perde het dieper in die outback ingedwaal, maar die wit ponie het dit nie gewaag om ver te gaan nie, want as sy dit sou doen, sou sy nie hier wees wanneer die dogtertjie terug kom om haar te ry nie.

    Voordat die perde sleepwa haar afgelaai het, het die klein dogtertjie elke middag gekom om haar maanhare te vleg en haar stert met pragtige linte te bind. Dan sou hulle saam met al die ander mooi ponies ry totdat hulle moeg en gelukkig was; gevul met blydskap en vreugdevolle runnike. As sy haar oë toemaak, kan sy nog onthou hoe goed dit gevoel het wanneer die meisie haar soet, sappige wortels gevoer het en haar pels met ʼn sagte borsel uitgekam het. O! Hoe mis sy die dogtertjie! Sy kon nie verstaan waarom die familie haar weggestuur het nie.

    Baie seisoene het verbygegaan sedert sy die dogtertjie vir die laaste keer gesien het, maar elke middag, sodra die son begin om oor die outback te sak, het die wit ponie na die hek gewaggel, nou so uitgeteer en dun dat sy skaars kan loop, en geduldig gewag vir haar dogtertjie om haar huis toe te neem.

    Hoofstuk 1

    ‘n Meisie vergeet nooit haar eerste, groot liefde nie. Lank, met goue hare, diep bruin oë en ore wat vorentoe gewip het elke keer as ek by die stal ingestap het, het ek geen belangstelling in enige ander man buiten Harvey gehad nie. Hoekom sou ek wanneer hy, aan die einde van elke dag, geduldig vir my gewag het om terug te keer? Hy sou sonder om te oordeel luister terwyl ek oor al my ellendes gekla het; en dan sou hy my na die vryheid anderkant die stalle dra.

    Toe sy hom vermoor het, daardie teef wat haarself my ma noem, het ek vir weke lank gehuil en toe weggehardloop. O Ja, seker, sy het die polisie op my gesit en gesorg dat hulle my van die lughawe af terugsleep, maar ek het haar teruggekry. Ja, ek het! Die dag toe ek agtien word, het ek uit die huis uit getrek en pa gevra om ma se kinder-onderhoud af te sny . Dit was 'n gepaste straf, om te kyk hoe sy die huis verloor, want sy het my perd uitgesit om hom terug te kry omdat hy haar gelos het.

    Miskien is dit karma dat ek nou besig was om my eie huis te verloor?

    Ek het 'n traan teruggedwing soos my 'tweede groot liefde' my gehelp het om my besittings uit die woonstel wat ons vir die laaste drie jaar gedeel het te dra. Hy het opgetree asof die groen vullis sak wat my kussing bevat te swaar was soos dit teen sy tingerige liggaam stamp. Ek het 'n krat vol handboeke in die agterkant van my rooi 2007 Ford Falcon gelaai en eenkant toe getree sodat hy dit tussen die bokse kon instop.

    "Dit is alles wat jy gebring het — sy stem was eentonig. Die res is myne."

    Met bruin hare en bruin oë, het Gregory Schluter ongemaklik gelyk in 'n helder wit, gestreepte formele hemp. 'n 'Gepaste paar' het almal ons deur die vier jaar by die Universiteit van Queensland genoem, hoewel my hare lank is en ek die swart oë van 'n Gitano ouma het. Gregory se bruin Barren skoene het na die ingang teruggewys, asof hy enige oomblik sou skrik en na die veiligheid van ons ou woonstel hardloop.

    "Dis reg, hierdie goed is myne — my donker oë het in syne ingeboor. En nou sal jy van my ontslae wees!"

    Gregory het teruggeskarrel soos ek die motor se deur toegeslaan het, asof hy bang was dat ek hom sou vloek, of dalk iets na sy kop gooi.

    Moenie so sê nie, Rosie — sy stem het gewankel. Jy laat dit klink asof ek besig is om die vullis uit te gooi.

    Is jy nie? My stem het bitter geraak.

    Ons is net anders, dit is al, het hy gesê. Ons het nog nooit baie in gemeen gehad nie.

    Ek het my kakebeen geklem, geweier om in 'n argument ingesuig te word sodat hy my vir die afsterwe van ons verhouding kon blameer. Ons het ontmoet as freshers, in ons tweede jaar na 'n af-kampus woonstel verskuif, en vir die volgende drie jaar het ek gewerk terwyl Gregory studeer het sodat hy magna cum laude kon gradueer . Ons droom troue was veronderstel om net na die nuwe jaar te gebeur. In plaas daarvan, die oomblik toe hy werk kry, het die blerrie gemors my gevra om sy verloofring terug te gee.

    Fine. Ek het weer trane teruggeveg terwyl ek vir my kar se sleutels gesoek het. Jy sal my nooit weer hoef te sien nie!

    Sy stem het ʼn hoë, smekende toon aangeneem. Kan ons nie net vriende wees nie?

    Ek het sy blik ontmoet. Gregory se bruin oë het na die woonstel teruggedraai. Dit sou leeg wees sodra die verhuisings trok gekom het om sy goed na die luukse huis in Sydney te neem, hy het sy nuwe meisie oorreed om dit af te betaal.

    Nee. Ek het my ken gelig. Jy's 'n blêrrie gebruiker, en ek is klaar daarmee om gebruik te word!

    Daardie gevoel van weet wat ek van my Gitano ouma geërf het, het deur my gesuis en ek kon voel hoe enige verbinding wat ek dalk met die donderse gemors oorgehad het sterf. Ek het in my Falcon ingeplons en die sleutel gedraai, ek was nie eers gepla om my veiligheidsgordel vas te gespe soos ek die kar in rat gesit het nie. Die bande het gefluit en Gregory het gegil. Goed! Ek hoop ek het oor die stuk gemors se voet gery!

    Die V6 het soos 'n resies kar gebrul soos ek op snelweg A2 uit Brisbane weggejaag het. Die gevoel van krag was ʼn illusie, die simptoom van 'n knaldemper wat vervang moes word, maar dit het sterk gevoel en ek het elke gram krag wat ek kon kry nodig gehad.

    Gemors! het ek op die oop snelweg geskel.

    Ek het gery, niks gesien nie, tot die stedelike landskap in goue golwe van weiding omskep het. Die gras het in 'n pragtige geel kleur verdroog wat my aan Harvey se maanhare herinner het. Biekie vir biekie, het my trane verdwyn. Dit was perde land, die tipe plek waarvan ek gedroom het om na te trek sodra ek ʼn plek van my eie kon kry; waar Harvey vry sou loop in plaas daarvan om in ʼn stal te staan.

    'n Bekende verlange het in my ingewande gedraai.

    As wense perde was, het ek gemompel.

    Dit was ses jaar, maar sekere pyne het nooit weggegaan nie.

    Ek het die radio aangeskakel en die Australiese Top-40 het gesing van meisies, borste en verraad. Die Madden Brothers het op die radio gekom met hulle afgesaagde jingle, en na 'n rukkie het ek begin om my vingers op die tempo van 'We Are Done' te tik.

    My petrol liggie het begin flikker. Ek het op die naaste uitgang van die snelweg afgeklim en 'n diensstasie nie te ver daarvan af gevind. Na 'n vinnige besoek aan die toilet, het ek die hoogtepunte op die koerante getsaan en gelees terwyl ek in die ry gewag het om te betaal.

    — Droogte Kruppel Outback Plase —

    Langs dit het 'n vol-kleur skinder koerant 'n dom blond en die jongste hoofstuk in haar hoë-profiel egskeiding op die voorblad gehad:

    — Olie Erfgenaam Hardloop Weg met Venezuela Miljoenêr —

    'n Masjien het worsrolletjies gerol, twee vir $5 plus 'n sakkie skyfies en ‘n koeldrank. Ek kon amper die vars kraak van wors gemeng met sagte wit brood, geel mosterd en suurkool proe , maar totdat ek ʼn werk gevind het was ek net nog 'n sukkelaar met te veel week en te min geld. Dit was beter om die Vegemite broodjie wat ek in my kar gegooi het te eet.

    Ek het die tiener agter die toonbank gevra vir aanwysings na die adres wat Professor Dingle op 'n stukkie papier gekrabbel het en uitgevind dat dit nog ʼn halfuur van hier tot in Toowoomba was; verder as dit was die tiener nie seker nie. Ek het teruggegaan buitentoe en voortgegaan om die Falcon vol petrol te maak.

    'n Ou Buick het by die teenoorgestelde pomp ingetrek, die soort wat jy gewoonlik op 'klassieke motor nag' kon sien. 'n Klein, ou tannie het uitgeklim en binnegegaan om te betaal, haar wit-blou hare en magenta lipstiffie het met haar oranje klere gebots. Haar ewe bejaarde man het die petrol tenk oopgemaak. Hy het my 'n jack-o-lantern glimlag gegee.

    Goeiemôre, dame, het hy gesê. Ek het jou nog nie hier rond gesien nie.

    Ek ry net hier deur, ek bly nie hier nie.

    Ek het na die petrol pomp gestaar terwyl die getalle na $60 gesluip het, die helfte van die geld wat ek in die wêreld oorgehad het. As ek nie hierdie werk kry nie, sou ek elke sent wat ek besit het na die onderhoud uitgery het.

    Jy op pad na die perde veiling toe? het die ou man gevra.

    Perde veiling? Die ruiter in my se aandag was geprikkel.

    Die ou man het na 'n rooi karton teken met 'n pyltjie beduie, wat gesê het, 'Lockyer Perd & Saal Veilings.'

    Hulle hou dit die eerste Saterdag van elke maand, het hy gesê. Maar die afgelope tyd is dit elke tweede naweek as gevolg van die droogte. Die meeste mense wat van die snelweg af kom is opsoek na die veiling.

    Ek het die strokie papier uit my sak getrek, die een wat Professor Dingle, my voormalige kindersielkunde professor, vir my gegee het nadat ek in haar kantoor uitmekaar geval het en vir haar gesê het dat ek geen plek het om heen te gaan nie.

    Ek het 'n werks onderhoud in die Darling Downs naby Nutyoon.

    Nutyoon? die ou man se wenkbroue het saamgetrek. Dit is in die middel van nêrens .

    Yup.

    Ons het in stilte gestaan soos die pomp deur die getalle geklik het. Die vrou het uitgeskoffel, haar enorme wit handsak vasgeklem onder haar arm. Sy het my daardie beoordelende kyk gegee wat elke vrou gee wanneer hulle sien dat ʼn jonger vrou met hulle man praat.

    Gaan sy na die perde veiling toe? het die vrou gevra.

    Nee, het die ou man gesê. Sy is op pad na Nutyoon. Sy het 'n werksonderhoud daar.

    Nutyoon? het die vrou gesnork. "Daar is niks daar buite anders as sterwend velde nie. Die droogte het alles hard getref. Die boere hou aan om hierheen te kom en probeer om hulle diere te verkoop voordat die arme goed van die honger vrek, alhoewel daar so baie is dat meeste by die slagpale opeindig. Daar sal geen werksgeleenthede vir plaas-hande in Nutyoon wees nie."

    Haar stem het bytend geklink, maar haar blou oë was vol bekommernis soos sy na my wêreld se besittings wat agter in my kar gestop was gekyk het.

    Ek sal 'n kind versorg, het ek gesê. Die posisie sluit my kamer en verblyf in.

    Wel ek sal so hoop! het sy gesê. Want daar is nie veel hotelle in daardie deel van die land nie. Daar is niks anders as koring en koeie nie.

    Die paartjie het my aanwysings gegee om op die A2 terug te klim. Soos ek uittrek, het ek na die teken wat 'Lockyer Perd & Saal Veilings' sê geloer. Eens op 'n tyd... Nee! Ek het die wens uit my gedagtes uitgestoot. Eers moes ek 'n werk kry, en dan vir 'n nuwe woonstel spaar. Om na my ma toe terug te trek was nie ʼn opsie nie, en my pa het na Spanje toe terug verhuis ek sestien was.

    Ek het Toowoomba bereik presies soos die tiener belowe het en toe suid-wes gedraai op die A39. Die snelweg het in 'n twee-baan pad vernou, en die landskap het platter en beslis droër geraak. Ek het die lugversorger aangeskakel, maar dit het nie veel gehelp nie. Die landskap het 'n gerusstellende eenvormigheid aangeneem. Slegs die effense variasie in skakerings van roomkleur het aangedui waar die eindelose velde van koring omskep het in gars en sorghum. Selfs vir my ongeoefende oog, was die gewasse te droog vir so vroeg in die groeiseisoen.

    Op laas het ek die afdraai wat in my aanwysings gegee was bereik. Ek het in 'n selfs nouer pad ingedraai wat in 'n reguit lyn deur yl bome gesny het; ek kon egter soms ʼn bietjie water aan my regterkant sien. Ek het vir ewig gery tot ek uiteindelik die afdraai gesien het wat na my bestemming sou lei.

    'n Klein, hout teken het gesê 'Condamine Rivier Plaas.' Onder dit was 'n plakkaat geplak wat in groot pers letters gesê het — Welkom Rosamond —. 'n Skitterende pienk eenhoring het een kant van die plakkaat geseën, en op die ander kant was 'n skewe reënboog wat in 'n pot goud, bewaak deur 'n feetjie, verdwyn het. 'n Knop het in my keel gevorm soos ek die geskribbelde, kinderlike teks gelees het wat sê 'Moenie bang wees vir Thunderlane nie ' saam met die stok-figuurtjie van ʼn hond.

    Ek het geweet dat dogtertjie se naam Pippa was. Haar ouers was onlangs geskei en sy het by haar pa gebly wat baie gereis het as gevolg van werk. Buiten dit, sou ek die res uitvind wanneer ek daar aankom. Ek het my selfoon uitgetrek en 'n foto geneem. Daar was net een streepie sein, nie genoeg ontvangs om dit vir my vriende nie op te laai nie, so ek het net 'save' gedruk. Sedert my pa terug geskuif het na Spanje, het niemand genoeg omgegee om my te laat welkom voel nie. Miskien sou hierdie werk nie so erg wees nie?

    My kar het geskud soos ek oor die bees-hek gery het. 'n Lang vuil oprit het vir ewig deur vergroeide velde gedraai, maar daar was geen koei in sig nie. Uiteindelik het 'n enorme wit skuur verskyn. Oor die binnehof het 'n beskeie geel plaas-styl huis gestaan, omring deur verbleikte gras, leë venster-bokse, en vergroeide heinings. 'n Swart en bruin Australiese herdershond het uitgehardloop gekom en geblaf.

    Jy moet Thunderlane wees?

    Ek het langs 'n vervalle groen werksvoertuig ingetrek wat geparkeer was langs 'n sport motor, toegetrek met 'n roomkleurige stof kleed.

    Haai, hondjie? het ek die hond gerus gestel soos ek uit my motor geklim het. Ek het my hand uitgehou sodat hy dit kon ruik. Die hond het gewikkel en toe na die huis teruggehardloop, blaffend.

    'n Meisie met wit-blonde hare en bokstertjies het uitgejaag gekom.

    Sy's hier! Pappa! Sy is hier!

    Sy was heeltemal in pienk geklee; ʼn warm pienk kortbroek en 'n ligte pienk top met ʼn ponie op die voorkant gepleister.

    Jy moet Rosamond wees?

    Dit sal ek wees — ek het gevind dat dit maklik was om te glimlag. En jy moet Pippa wees.

    Het jy die teken gesien?

    Ek het. Dankie. Dit het my baie welkom laat voel.

    Die dogtertjie het geglimlag. Sy het, het ek opgemerk, ongewone grys oë gehad, so lig dat hulle silwer in die sonlig geglinster het.

    Pappa was bang hy dat hy niemand sou vind om al die pad hierheen te kom nie, so ek het gedink dat as ek 'n teken maak, sou jy miskien wou bly?

    Daardie knop wat al die pad uit Brisbane in my keel gesit het, het net ʼn bietjie verlig.

    Dis nie vir my om te besluit nie. Dit is jou pa se besluit.

    Die voorgemelde pa het in ons rigting beweeg, aangetrek in ‘n knus blou denim broek wat sy lang bene beklemtoon het. Hy het 'n geruite kortmou hemp gedra, tipies van plaas eienaars, maar dit het 'n ontwerper snit gehad, nie soos die gewone departement-winkel hemde nie. Hy het byna twee meter hoog gestaan, breë skouers met goue-bruin hare en aristokratiese kenmerke wat pynlik aantreklik sou wees as sy gesig nie saamgetrek was met bekommernis nie. Hy het sy hand uitgehou.

    "Mej.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1