André P. Brink En die spel van liefde: ’n biografie
By Leon De Kock
()
Currently unavailable
Currently unavailable
About this ebook
’n Buitengewone en uitstekende manuskrip.” – Prof. Gerrit Olivier
André P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.
Die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.
In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenotes en minnaresse. Die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.
Leon De Kock
Leon De Kock is ’n literêre vertaler, digter, skrywer en akademikus. Sy mees onlangse boek is Losing the Plot: Crime, Reality and Fiction in Postapartheid Writing. In 2000 het hy die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se toekenning vir uitnemende vertaalwerk ontvang vir sy Engelse weergawe van Marlene van Niekerk se roman Triomf. Sy en Karin Schimke se vertaling van Vlam in die sneeu (Flame in the Snow) – ’n bundel van André Brink en Ingrid Jonker se liefdesbriewe – is in 2016 met ’n SALA-toekenning vir literêre vertaling en in 2018 met die Sol Plaatje-prys vir vertaling bekroon. Hy woon in Kaapstad.
Related to André P. Brink En die spel van liefde
Related ebooks
Versamelde poësie Rating: 4 out of 5 stars4/5Binnekring van Spookasems: Stories oor die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRigtingbedonnerd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOor Berge en Dale: Op Reis met 'n Monumentjagter Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTafelberg Kort: Die enigma van Hendrik Verwoerd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie stomme aarde: 'n keur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme: Stories van gister en vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPruimtwak en skaduboksers: rubrieke, heildronke en nagedagtes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Ambassadeur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlassiek reeks: Op soek na Generaal Mannetjies Mentz Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie prosa van die twede Afrikaanse beweging Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBrouhaha Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBoereoorlogstories 2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie helder dae: Outobiografiese verhale, rubrieke en essays Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie sneeuslaper: Verhale Rating: 4 out of 5 stars4/5Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMet my rooi rok voor jou deur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) Rating: 4 out of 5 stars4/5Sê dit beter: Volume 1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlawerjas Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSêgoed met slaankrag: 3 000+ van die slimste, snaaksste en soms onnoselste Suid-Afrikaanse aanhalings Rating: 1 out of 5 stars1/5Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMan in die maan Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKoljander Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlassiek reeks: Kroniek van Perdepoort Rating: 2 out of 5 stars2/5Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde Rating: 3 out of 5 stars3/5Mediterreense herinneringe: Reisvertellings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVolmink Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRaaiselster Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for André P. Brink En die spel van liefde
0 ratings0 reviews