Вы находитесь на странице: 1из 56

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME (PSP)

’n Voorbeeld van ’n leerervaring in die Natuurwetenskappe

MATERIE EN
MATERIALE

Wat kan ons oor materie uitvind?


1 Wat is materie?
6 Ondersoek – Hoe kan
2 Wat is vaste stowwe,
ons die hoeveelheid
vloeistowwe en gasse?
van ’n vloeistof meet?
3 Watter vaste stowwe,
7 Hoe meet ons die
vloeistowwe en gasse
hoeveelheid materie
is om ons?
wat ons het?
4 Hoe meet ons vaste
8 Hoe meet ons die
stowwe, vloeistowwe
hoeveelheid gas wat
en gasse?
ons het?
5 Hoeveel kan ’n

GRAAD 4 medisynelepel hou?

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asseblief erkenning aan PSP. ©PSP 2008
Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span
Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom
die kennisveld Materie en Materiale te ondersteun. Alhoewel dit nie ’n volledige
werkskedule is nie, bied dit moontlikhede vir onderwysers om ander
leerervaringe in te sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel.
Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy kan werk om die volgende
leeruitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik.
A Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike
verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie
en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
A Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en
omgewingskennis toe.
A Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen
wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Kursus aangebied deur Rose Thomas en Nontsikelelo Mahote


Boekie ontwerp deur Welma Odendaal,
geïllustreer deur Nicci Cairns en Janet Ranson en vertaal deur Ronél Gouws

Western Cape Primary Science Programme


Edith Stephens Wetland Park
Lansdowneweg
Philippi, 7785
Posbus 24158
Lansdowne 7779
Suid-Afrika
Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350
e-pos: info@psp.org.za
webruimte: www.psp.org.za

In die NKV word die volgende naam vir hierdie


inhoudsveld gebruik: Materie en Materiaal/Stowwe Die PSP bedank PetroSA vir hul ondersteuning.
Inhoud
Afdeling 1
1. Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1–24
2. Assesseringstake
LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7
LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16
LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24

Afdeling 2: Hulpmiddels vir onderwysers


Taakkaarte vir fotostatering
1. Taakkaart 1. Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .28
2. Taakkaart 2. Assesseringstaak vir LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29
3. Taakkaart 3. Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? . . . . . . . . . . . . . .30
4. Taakkaart 4. Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .31
5. Taakkaart 5. Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? . . . . . . . . . . . . . . .32
6. Taakkaart 6. Assesseringstaak – LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .33
7. Taakkaart 7. Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? . . . . . . . . . . . . . .35
8. Taakkaart 8. Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het? . . . . . . . . . . . . . . . . . .37
9. Taakkaart 9. Assesseringstaak – LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39

Tradisionele storie/Umgwebi uSokhetye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40

Afdeling 3
Uittreksels van die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe Graad R–9
1. Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 43–45
2. Uitkomste en assesseringstandaarde (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 46–51
Afdeling 1
1. Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1–24

2. Assesseringstake
LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 7
LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 16
LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24
1
Sleutelbegrip
Wat is materie?

g Alles om ons is van


materie gemaak.

Onderwysertaak Inleiding
Stel leerders bekend aan ’n versameling voorwerpe op jou tafel, bv. ’n
plastieksak vol lug, ’n glas water, ’n boek. Wys dan na al die dinge om
jou in die klaskamer, bv. kryt, mure, tafels, die vloer.
Vra jou leerders:
u Waarvan is al hierdie dinge gemaak?
u Wat is die “goed” waarvan dit gemaak is?
u Waar het hierdie “goed” vandaan gekom?
Aanvaar baie verskillende antwoorde en verduidelikings van die leerders.

Stel bekend en verduidelik


Stel die woord “materie” bekend en verduidelik dat wetenskaplikes hierdie
woord gebruik om al die “goed” waarvan dinge gemaak is, te beskryf.

MATTER

1
Inligting vir die onderwyser
Alles in die wêreld bestaan uit “materie”. Alle materie bestaan uit
baie klein deeltjies. Hierdie klein deeltjies word atome genoem.
(Atome kom natuurlik oral op aarde voor, ook in die water en die
atmosfeer.) Daar is baie verskillende soorte atome. Ons kry dus baie
verskillende soorte materie. Byvoorbeeld, koper bestaan
uit koperatome, en water bestaan uit waterstofatome
gekombineer met suurstofatome.
Wetenskaplikes
klassifiseer graag materie
op verskillende maniere. Een manier is
om dit te klassifiseer volgens die soort atome
waarvan dit gemaak is. Die studie van chemie is die studie van
verskillende soorte materie en die atome waaruit die materie bestaan.
Een manier om materie te klassifiseer, is om dit in die drie vorme of toestande
van materie wat natuurlik voorkom, te klassifiseer. Dit is vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse. Sommige stowwe kom natuurlik in een vorm voor.
Byvoorbeeld, steenkool kom voor as ’n vaste stof; suurstof in die lug kom
voor as ’n gas, en speeksel kom voor as ’n vloeistof.
Soms is dit moeilik om te besluit of iets ’n vaste stof, ’n vloeistof of ’n gas is.
Dit is omdat verskillende stowwe in sommige toestande meer soos ’n vloeistof
kan optree, maar in ander toestande meer soos ’n vaste stof. Byvoorbeeld, wanneer
stroop warm is, is dit soos ’n vloeistof omdat dit loperig soos ’n vloeistof is. Maar wanneer
dit koud is, is dit nie loperig nie. Dit is meer soos ’n vaste stof, alhoewel dit die vorm van
die houer waarin dit is, aanneem. Dit is ook so met pap. Pap is loperig wanneer dit warm is,
maar ’n vaste stof wanneer dit afkoel. Rou rys kan in iets gegooi word, alhoewel elke korrel
sy vorm soos ander vaste stowwe behou.
Soms skei ’n vaste stof of vloeistof ook ’n gas af, wat ons kan ruik, maar nie kan sien
nie. Byvoorbeeld, ’n hardgekookte eier, en ook vrugtesap, skei ’n reuk af.
Baie dinge om ons bestaan egter uit ’n kombinasie van meer as een vorm van
materie. Byvoorbeeld, ’n lemoen het ’n skil wat ’n vaste stof is, dit het sap wat ’n
vloeistof is, en dit skei ’n gas af wat ons help om te ruik dat dit ’n lemoen is. Nog ’n
voorbeeld is sodawater in ’n bottel. Die bottel is ’n vaste stof, die water is ’n
vloeistof, en die borrels is ’n gas (koolsuurgas).
Ons weet ook sommige stowwe kan hulle vorm of toestand verander. Byvoorbeeld, ys is
’n vaste stof, maar wanneer ons dit verhit, word dit ’n vloeistof – water. Wanneer ons
dit selfs meer verhit, word dit ’n gas – waterdamp. Water is een van die min stowwe wat
natuurlik in al drie toestande op die aarde se oppervlak voorkom.

Water is een van die


min stowwe wat
natuurlik in al drie
toestande op die
aarde se oppervlak
voorkom.
2
2
Sleutelbegrip
Wat is vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse?
g Ons vind materie in
drie verskillende
vorme: vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse.

Onderwysertaak Inleiding
Stel die volgende terme bekend:
Vaste stof ’n boek
Vloeistof water in ’n beker
Gas lug in ’n sak
Wys nog voorbeelde van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse, bv.
koeldrank, hout, ’n kartonboks, ’n ballon of bal vol lug, die lug om ons.

Voorbereiding
1. Deel houers met algemene voorbeelde van vaste stowwe, vloeistowwe
en gasse uit, bv. ’n lap, olie, ’n opgeblaasde ballon, ’n heliumballon
(vra by die Spur), tee, sjokolade, water, ’n boontjie, melk, ’n bottel
lug, ’n glasbottel, vrugtesap, ’n teesakkie, ’n bottel met ’n motor se
uitlaatgas, ’n beskuitjie, ’n eierdop.
2. Skryf al die voorwerpe se name as byskrifte daarby. Vra die leerders
om die byskrifte te lees voordat hulle die taak doen.
Leerdertaak 1
Sorteer, teken en skryf
dertaak- 1. Sorteer die dinge in jou boks in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
Daar is ’n leer 2. Skryf en teken prente om te wys watter dinge is vaste stowwe, watter
atering
kaart vir fotost
op bladsy 28. is vloeistowwe en watter is gasse.

3
VASTE STOWWE VLOEISTOWWE GASSE
lap olie bottel lug

liniaal melk reuk van asyn

brood tee lug in ’n sokkerbal

rys sap bottel uitlaatgas van ’n


motor

Wat kan alle vaste stowwe doen? Wat kan alle vloeistowwe doen? Wat kan alle gasse doen?

u Alle vaste stowwe behou hulle u Alle vloeistowwe kan geskink u Alle gasse neem die vorm
vorm. word. van hulle houer aan.
u Alle vloeistowwe neem die u Alle gasse kan in die lug
vorm van die houer aan. ontsnap.

Vaslegging
u Kontroleer dat elke leerder die voorwerpe korrek gesorteer en korrek opgeteken het.
u Jy kan dit doen deur die leerders hul antwoorde te laat uitroep. Korrigeer en
verduidelik, waar nodig. Hulle kan dan hul eie werk kontroleer en verbeteringe
aanbring.
u Lees deur die eienskappe in die laaste ry van die tabel en verduidelik dit aan die
leerders.

Verduidelik
u Verduidelik dat die eienskappe van ’n vaste stof die dinge is wat alle vaste stowwe
gemeen het. Die eienskappe van ’n vloeistof is die dinge wat alle vloeistowwe het of
kan doen. Die eienskappe van ’n gas is die dinge wat alle gasse het of kan doen.
4
Watter vaste stowwe,
3 vloeistowwe en gasse is om ons?
Sleutelbegrip
g Sommige alledaagse
stowwe en voorwerpe
is kombinasies van
vaste stowwe, vloei-
stowwe en gasse.

Onderwysertaak Klasbespreking
Vra die klas:
u Van watter ander vaste
stowwe, vloeistowwe en gasse weet julle?
u Kan alle dinge (materie) in net hierdie drie groepe (kategorieë) gesorteer
word – vaste stof, vloeistof, gas?
u Is dit maklik om te sê of iets ’n vaste stof of ’n vloeistof is?
u Is pap ’n vaste stof of ’n vloeistof? Het dit gas daarin? Het dit vloeistof
daarin?
Is dit ’n vaste stof, ’n vloeistof of ’n gas wanneer dit gaar is?
u Wat van Coca-cola, is dit ’n vaste stof, vloeistof of gas?

Aanvaar baie verskillende antwoorde en verduidelikings van jou leerders.

Onderwyser- Maak ’n klasuitstalling saam met die leerders


Vra jou leerders om ander voorbeelde van stowwe van die huis af te bring
en Leerdertaak om ’n klasuitstalling te maak. Sorteer die items in vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse en benoem elkeen. Vra die leerders om byskrifte of
etikette vir hulle stowwe te skryf. Maak plek vir ’n uitstalling in jou
klaskamer.

Leerdertaak Skryftaak (individueel)


u Sê vir jou leerders hulle gaan individuele skryfwerk doen. Vra hulle om
die sinne in hulle boeke af te skryf en dit te voltooi.
u Dan moet hulle hul eie paar sinne maak.

5
DI E DRI E VO RME VAN MAT ERI E
Alles i n die wêreld bestaa n u it materie.
Ma t er ie ko m in d rie ve rs kille n de vo rme v oo r .
Die dr ie vorme va n m aterie is : ————————————,
———————————————— en —————————————————
’n Lap is ’n —————————————————————
Olie is ’n ——————————————————————————
Sjokola de is ’n —————————————————————
Daar is ——————————————— b inn e-in ’n b allon.
Ens.

Onderwysertaak Speel met woorde


u Speel ’n speletjie waarin die leerders aksiewoorde (werkwoorde) voorstel
wat beskryf wat vaste stowwe, vloeistowwe en gasse kan doen, en wat
ons daarmee kan doen. Wanneer jy hierdie aktiwiteit doen, kan jy meer
as een taal gebruik. Dit sal die leerders help om hulle begrip van die
eienskappe van die drie vorme van materie te ontwikkel.
u Skryf jou leerders se reaksies in die vorm van ’n kopkaart op die bord.
Probeer hulle aanmoedig om aan soveel moontlik woorde te dink, want
julle wil graag ’n groot verskeidenheid woorde versamel.

VASTE STOWWE VLOEISTOWWE GASSE


Wat kan vaste stowwe doen? Wat kan vloeistowwe doen? Wat kan gasse doen?
Wat kan ons met vaste stowwe doen? Wat kan ons met vloeistowwe doen? Wat kan ons met gasse doen?
Sny Gooi/chitheka Uitlaat
Breek/yaphula Drink/sela Druk
Bou Versprei Blaas/vuthela
Laat val Spat Laat bars
Stapel Oorloop/phuphuma Ruik/joja
Fynmaak /cola Vloei Bars
Slaan Roer/zamisa Saamdruk
Stoot Meng Ontsnap
Trek/tsala Loop/baleka Fluit
Vou/songa Drup Uitasem
Buig/goba Laat val Inasem/sezela
Ens. Spoeg/tshica Ens.

6
Onderwysertaak Demonstreer en verduidelik
u Gebruik ’n suurlemoen of lemoen om te demonstreer dat baie
alledaagse voorwerpe uit ’n kombinasie van vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse bestaan.
u Die suurlemoen se skil is ’n vaste stof.
u As jy die skil krap, skei die suurlemoen ’n gas af wat jy kan ruik.
u Gebruik ook ander voorbeelde, bv. ’n gekookte eier, ’n rou ui, ’n
opgesnyde tamatie, ’n bottel Coca-cola.

Leerderassesseringstaak vir LU2


Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons?
Sommige dinge om ons is ’n kombinasie van ’n vaste stof, vloeistof en
gas.
Die doel van hierdie assesseringstaak is dat leerders die volgende doen:
u Benoem en beskryf voorwerpe, stowwe en organismes.
Sien die assessering- u Sorteer voorwerpe en organismes volgens ’n sigbare eienskap.
standaarde vir LU2,
graad 4 op bladsy 48, Instruksies
asook die Assesserings- 1. Bring van jou huis soveel moontlik dinge wat ’n kombinasie van ’n
taakkaart vir LU2 op vaste stof, ’n vloeistof en ’n gas is.
bladsy 29.
Verduidelik die vaste stof, vloeistof en gas in elke ding aan jou groep.
2. Skryf oor en teken die vaste stowwe, vloeistowwe en gasse wat jy
saamgebring het in jou boek.
Jou skryfwerk en tekeninge moet alles wys wat jy oor vaste stowwe,
vloeistowwe en gasse verstaan.
Gebruik sommige van die woorde uit die woordspeletjie wanneer jy
skryf.

ASSESSERINGSKRITERIA
Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse is om ons?
Assessering vir LU2
Assesseringstaak Assesseringskriteria

Skryf oor en teken die vaste stowwe, Leerders moet die volgende doen:
vloeistowwe en gasse wat jy saam- u Kies geskikte voorbeelde van voorwerpe van die huis
gebring het in jou boek. wat ’n kombinasie van ’n vaste stof, vloeistof en gas
is.
u Teken prente van die voorwerpe wat begrip van die
vaste stowwe, vloeistowwe en/of gasse daarin toon.
u Maak tekeninge wat duidelik, netjies en volledig is.
u Verskaf byskrifte of onderskrifte vir die tekeninge deur
kernwoorde soos vaste stof, vloeistof en gas en ook
gepaste werkwoorde uit die woordspeletjie te gebruik.

7
Hoe meet ons vaste stowwe,
4 vloeistowwe en gasse?
Sleutelbegrip Dink na oor meting
Daar is baie vaste stowwe, vloeistowwe en gasse in ons lewens. Soms
g In die alledaagse lewe moet ons meet hoeveel ons van iets nodig het.
meet ons vaste
Is dit belangrik om in staat te wees om vaste stowwe, vloeistowwe en
stowwe, vloeistowwe
gasse te meet? Wat dink jy?
en gasse om praktiese
en veiligheidsredes.

Klasbespreking oor meting


Moedig jou leerders aan om oor hulle ervaring met die meet van materie
en stowwe in hulle lewens te gesels en dit met mekaar te deel. Bv. meet
die hoeveelheid petrol, meet hoeveel ’n baba weeg, koop ’n sekere
hoeveelheid kos, meet die hoeveelheid boumateriaal, koop die regte
grootte klere.

8
Onderwysertaak Die doel van hierdie taak is om te kyk om watter redes ons in sekere
omstandighede vaste stowwe, vloeistowwe en gasse moet meet.
Vertel aan jou leerders ’n storie wat verduidelik waarom ons moet kan meet.
(Jy kan jou eie storie vertel oor waarom dit belangrik is om te meet, of jy kan
die een hieronder vertel. Kyk ook na die tradisionele storie op bladsy 40.)

Eendag was daar ’n meisie met die naam Thandi. Sy het by haar ouma
gebly. Een oggend toe Thandi wou opstaan, het sy aaklig gevoel. Sy
was warm en sweterig en haar bors was seer. Toe sy probeer om uit
die bed te klim, was haar bene swak en sy kon skaars loop. Sy het
gehoes en gehoes, wat haar bors nog seerder gemaak het.
Thandi se ouma kon sien iets was verkeerd. Sy het haar hand teen
Thandi se voorkop gesit en kon voel dis vuurwarm. Sy kon Thandi
hoor hoes en proes. Sy het sommer groot geskrik. Sy soek toe die
medisyne wat die dokter die vorige keer toe Thandi so ’n hoë koors
gehad het, vir haar gegee het. Hierdie vloeistofmedisyne sou help om
Thandi se temperatuur af te bring en haar te laat slaap. Dit sou ook
vir die pyn in haar bors help.
Thandi se ouma het na die medisyne gesoek. Uiteindelik vind sy dit
in die boks bokant die opwasbak. Sy lees die instruksies op die bottel
om te sien hoeveel om vir Thandi te gee. Toe soek sy die
medisynelepel, maar al die lepels was by hulle tannie se huis. Sy het
dit vir ’n partytjie die volgende dag geleen.
Inligting vir Thandi se ouma neem toe die medisyne vir Thandi en sê sy moet ’n
die onderwyser bietjie uit die bottel drink.
Gebruik voorbeelde
van medisyne van die Bespreking
apteek, homeopatiese
Om leerders te help verstaan waarom dit belangrik is om stowwe te meet
medisyne en kruie-
u Wat het met Thandi gebeur, dink jy? Het sy gesond geword?
geneesmiddels en
boererate – of vra jou u Het haar ouma die regte ding gedoen?
leerders om u Wat moes sy eintlik gedoen het?
voorbeelde van die u Meet tradisionele genesers die hoeveelheid medisyne? Hoe doen hulle
huis af te bring. Jy dit?
sal vind dat almal u Kyk na ’n bottel medisyne. Watter afmetings of hoeveelhede verskyn op
verskillende maniere
die bottel? Is daar meer as een? Wat sê hierdie hoeveelhede vir ons?
het om ’n dosis te
u Waarom het sommige medisyne aanwysings op die bottel?
meet. Soms word dit
in druppels gemeet, u Wat sê die aanwysings vir ons?
soms in lepels en u Waarom moet ons die aanwysings behoorlik volg?
soms in milliliter. u Waarom moet ons altyd net die voorgestelde hoeveelheid van hierdie
medisyne gebruik?
u Dink jy dit is belangrik om akkuraat te meet? Waarom?
u Waarom, dink jy, is die hoeveelheid medisyne verskillend vir volwassenes
en kinders?
u Kan jy aan enige ander situasies dink waar dit belangrik is om materie
akkuraat te meet?
u Meet mense gas? Waarom is dit belangrik om gas akkuraat te meet?
u Meet mense vaste stowwe? Waarom?

9
Leerdertaak Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse?
Meet medisyne
Sien die taakkaart 1. Bring ’n paar leë medisyneboksies en -bottels saam klas toe. Kry die
vir fotostatering op aanwysings wat saam met dit kom. Soms is daar ’n stukkie papier met
bladsy 30. aanwysings binne-in die boksie.
2. Lees die aanwysings en vind uit hoeveel medisyne gebruik moet word.

3. Maak dan ’n lys soos hierdie een in jou boek:

Meet medisyne
NAAM VAN MEDISYNE DOSIS: HOEVEELHEID MEDISYNE

Vir ’n kind Vir ’n volwassene


Panado-stroop 1 teelepel (5 ml) 2 teelepels (10 ml)
Panado-tablette 1 tablet 2 tablette
Grandpa-poeiers
Borstal
Eno

Bespreek
Bespreek hierdie vrae in jou groep.
Vrae:
1. Waarom moet ons sommige medisyne meet voor ons dit drink?
2. Waarom is die dosis verskillend vir kinders en vir volwassenes?
3. Wat sal gebeur as ’n kind ’n volwassene se dosis gegee word?
4. Wat sal gebeur as ’n volwassene ’n kind se dosis gegee word?
5. Hoe vind ’n mens uit wat die dosis van ’n medisyne is?

10
5
Sleutelbegrip
g Die meeste
Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?

Medisynelepels het ’n
aanduiding van ’n
hoeveelheid daarop.
Soms is daar die
Inligting vir die onderwyser oor meting
hoeveelheid van ’n Wanneer wetenskaplikes materie meet, gebruik hulle baie verskillende mate. In
vol lepel (5 ml) en hierdie leerervaring fokus ons op een soort maat, wat volume genoem word.
soms ook die
Hierdie maat word gebruik wanneer wetenskaplike meet hoeveel ruimte ’n
hoeveelheid van ’n
sekere vaste stof of vloeistof in beslag neem. Hierdie maat word die volume
halwe lepel (2,5 ml).
genoem. Ons meet dit in eenhede wat milliliter (ml) en liter (l) genoem word.
’n Milliliter is ’n baie klein eenheid. Dit word gebruik om klein hoeveelhede,
wat min ruimte in beslag neem, te meet. ’n Liter is ’n groot eenheid. Dit word
gebruik om groter hoeveelhede, wat meer ruimte in beslag neem, te meet.
’n Medisynelepel word gebruik om medisyne wat vloeistof en poeierige vaste
stowwe is, te meet. Medisynelepels het gewoonlik ’n maat of hoeveelheid
daarop sodat die dosis medisyne akkuraat gemeet kan word. ’n Medisynelepel
het gewoonlik ruimte vir 5 ml vloeistof of poeier. Die ruimte wat die vloeistof
of vaste stof in die lepel in beslag neem, word die volume genoem. Dit is hoe
jy die hoeveelheid vloeistof meet.

Onderwysertaak Voorbereiding
u Verskaf aan die leerders verskillende vloeistowwe om te meet,
bv. suikerwater, water, koeldrank, melk.

u Gee aan die leerders verskillende poeiers om te meet, bv. mielieblom,


sout, sand, meel, koffie.
u Demonstreer die volgende prosedure aan die leerders.

11
Leerdertaak
Watter hoeveelheid vloeistof of vaste stof het ons?
art
Sien die taakka Meet die hoeveelheid vloeistof of vaste stof in ’n medisynelepel
g op
vir fotostaterin
bladsy 31. Hoeveel water is daar in een teelepel?
1. Neem 1 medisynelepel water.
2. Trek dit in ’n spuit op.
3. Lees hoeveel water in die spuit is. Volume =
4. Spuit die vloeistof in die spuit in ’n maatsilinder.
5. Lees hoeveel water in die maatsilinder is. Volume =
Gebruik dieselfde prosedure om medisynelepels van ander vloeistowwe te
meet.
Teken op
Vloeistof Spuit Maatsilinder
1 lepel . . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . ml
1 lepel . . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . . ml
Gebruik nou dieselfde prosedure om medisynelepels poeier te meet. Jy
sal nie die poeier in die spuit kan optrek nie, maar sal dit moet ingooi.
Poeier Spuit Maatsilinder
1 lepel . . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . volume = . . .ml volume = . . . . . . .ml

Vaslegging
u Help die leerders om ’n gevolgtrekking te maak oor wat hulle uitge-
vind het. Hulle sal vind dat die hoeveelheid vloeistof of poeier in die
lepel altyd 5ml is, maak nie saak watter vloeistof of poeier jy gebruik
nie.
u Skryf die volgende vraag op die bord. Help die leerders om dit te
beantwoord. Vra hulle dan om die vraag en die antwoord in hulle
boeke af te skryf.

Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?


Een medisynelepel hou altyd ’n
hoeveelheid van 5 ml, maak nie saak
watter vloeistof of poeier ons
gebruik nie. Die vloeistof of poeier
neem ’n ruimte van 5 ml in die
medisynelepel in beslag wanneer dit
vol is.
12
6
Sleutelbegrippe
ONDERSOEK
Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n
g Ons meet vloeistowwe vloeistof meet?
in eenhede wat
milliliter (ml) genoem
word. Dit is vir baie
Onderwysertaak
klein hoeveelhede
vloeistof.
Inleiding
g Ons meet ook vloei- Stel die begrip volume bekend en verduidelik dit. Stel die eenhede (ml
stowwe in eenhede wat en l) vir die meet van volume bekend en verduidelik dit. Herinner jou
liter (l) genoem word. leerders daaraan dat hierdie eenhede internasionaal gebruik word om
Dit is vir groter hoe- volume te meet. Herinner jou leerders ook aan wat medisynelepels is en
veelhede vloeistof. dat ’n medisynelepel 5 ml vloeistof hou.
g Daar is 1 000 milliliter
vloeistof in 1 liter. Voorbereiding
g Wanneer ons die hoe- Berei jou leerders voor om ’n ondersoek uit te voer. Hulle moet uitwerk
veelheid vloeistof hoe om die hoeveelheid (volume) water wat verskillende houers sal
meet, sê ons ons meet volmaak, te meet.
die volume van die
vloeistof. Die volume sê Ondersoek
vir ons hoeveel ruimte Die doel van hierdie ondersoek is dat leerders die volgende doen:
die hoeveelheid vloei-
u Ervaar die grootte van verskillende volumes water.
stof in beslag neem. Die
volume van ’n vloeistof u Vind uit dat ’n groot volume uit veelvoude van kleiner volumes
word dus in milliliter en bestaan. Dit sal hulle help om kleiner eenhede na groter eenhede te
liter gemeet. begin herlei.

Apparaat
Vir elke groep sal jy die volgende nodig hê:
u plastiek-medisynelepels
u ’n babakosbottel
u ’n 500 ml-koeldrankbottel
u ’n 1 l-plastiekmelkbottel
u ’n 2 l-melkbottel
u ’n tregter (Jy kan ’n koeldrankbottel
sny om ’n tregter te maak.)
u ’n bottel of beker water.

13
Inligting vir die onderwyser
Sommige babakosbottels het mate daarop. Wys dit vir die nek volgemaak word. Jy kan jou leerders se aandag
leerders. Verduidelik dat ’n klein babakosbottel 100 ml daarop vestig. Dan kan jy sê hulle moet hulle bottels tot
vloeistof hou wanneer dit tot by die nek van die bottel by die nek volmaak en daarna die berekening doen.
vol is, nie tot by die deksel nie. In die geval van bottels wat vir gaskoeldrank gebruik
’n Bottel wat 100 ml hou, is ’n nuttige maat, want die word (soos Coke-bottels), word die vloeistof nié tot by die
leerders kan 20 van die 5 ml-medisynelepels water daarin nek volgemaak nie, want daar word ’n ruimte gelaat sodat
sit om dit tot by die 100 ml-merk vol te maak. Hierdie die vloeistof kan uitsit. As die leerders hierdie bottels
bottels is ook nuttig om te gebruik, want as jy 500 ml-, gebruik en dit tot by die nek volmaak, sal hulle ’n bietjie
1 l- en 2 l-bottels daarmee volmaak, is die berekening meer as die 1 l of 2 l wat op die bottel staan, meet.
maklik vir die leerders. Wanneer die leerders hulle eie ondersoek doen, kan hulle
Laat die leerders self uitwerk hoe hulle die hoeveelheid enige houer kies en dit tot by die nek volmaak. Dan kan
water in hulle houers gaan meet. Herinner hulle om hulle hul berekening doen. In ’n ondersoek kan jy baie
versigtig te werk te gaan. verskillende houers en antwoorde van verskillende
Wanneer jy 500 ml-, 1 l- en 2 l-bottels vir hierdie leerders verwag. Jy moet egter kontroleer dat hulle ’n
aktiwiteit kies, moet jy probeer om melk- of sapbottels te geskikte metode gebruik het om te meet en dat hulle
gebruik, omdat die vloeistof daarin gewoonlik tot by die berekeninge korrek is.

Leerdertaak Groepaktiweiteit
Ondersoek Meet en bereken die hoeveelheid water wat
verskillende houers sal volmaak
Sien bladsy 32 vir Onthou, 5 ml water kan 1 medisynelepel volmaak.
’n leerdertaakkaart Gebruik die water en houers om te meet hoeveel water elke houer sal
vir fotostatering. volmaak. Teken jou bevindinge op.
VOORSPEL DOEN TEL BEREKEN
Hoeveel, dink jy, sal in Dit is wat jy moet Hoeveel het in die bottel Hoeveel water het
die bottel pas? doen gepas? jy gemeet? (ml of l)
Hoeveel medisynelepels Gooi water in. Hoeveel medisynelepels Hoeveel water is
water sal die baba- water het dit geneem om nou in die babakos-
kosbottel volmaak? die babakosbottel vol te bottel?
maak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel medisynelepels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem daar nou in die
sal die klein om die klein sapbottel klein sapbottel?
sapbottel vol te maak?
volmaak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel babakosbottels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem om daar in die klein
sal die klein die klein melkbottel melkbottel?
melkbottel vol te maak?
volmaak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel babakosbottels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem om daar in die groot
sal die groot die groot melkbottel vol melkbottel?
melkbottel te maak?
volmaak?

14
Onderwysertaak Vaslegging
Kontroleer dat jou leerders die aktiwiteit uitgevoer het en die
berekeninge korrek gedoen het. Maak seker hulle het hul tabel korrek
ingevul en dat hulle antwoorde korrek is.

Leerdertaak Skryftaak
Skryf die volgende vrae op die bord. Help jou leerders om die vrae en die
korrekte antwoorde in hulle boeke te skryf. Hulle kan die houer teken.

Ons het gemeet hoeveel vloeistof ons het


1. Hoeveel vloeistof het ons in ’n medisynelepel?
Ons het ———————— vloeistof in ’n medisynelepel.

2. Hoeveel vloeistof het ons in ’n babakosbottel?


Ons het ———————— vloeistof in ’n babakosbottel.

3. Hoeveel vloeistof het ons in ’n klein sapbottel?


Ons het ———————— vloeistof in ’n klein sapbottel.

4. Hoeveel vloeistof het ons in ’n klein melkbottel?


Ons het ———————— vloeistof in ’n klein melkbottel.

5. Hoeveel vloeistof het ons in groot melkbottel?


Ons het ———————— vloeistof in ’n groot melkbottel.

15
Sien die assessering- Assesseringstaak vir LU1
standaarde vir LU1
vir graad 4 op ONDERSOEK
bladsy 46 & 47. Om te meet hoeveel water my houer sal volmaak
Sien bladsy 33 vir
die leerdertaakkaart Die doel van hierdie ondersoek is dat leerders die volgende doen:
vir fotostatering u Werk ’n manier uit om te meet en te bereken hoeveel water ’n houer
sal volmaak.
u Voer die prosedure uit wat hulle beplan het deur klein
meetinstrumente te gebruik.
u Doen verslag oor die prosedure en die resultate wat verkry is.

Instruksies
1. Bring enige houer van die huis af.
2. Praat oor hoe jy kan uitvind hoeveel milliliter (ml) water in jou houer
sal pas.
3. Voer jou plan uit.
4. Teken en skryf om te sê hoe jy uitgevind het.

Voorgestelde tekening en skryfraam om die leerders te help opteken wat


hulle gedoen het.

Dit is my houer:

Voorspel:
Ek dink my houer sal . . . . . . . hou.
Dit is wat ek gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
..........................................
Doen:
Dit is die hoeveelheid water wat my houer volmaak:
..........................................
Bereken:
Dit is hoe ek my berekeninge gedoen het:
My antwoord is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
My voorspelling was reg/verkeerd.
Was jou voorspelling goed? Verduidelik aan jou groep
waarom jy so sê.

16
Assesseringstaak vir LU1 Groepbesinning
(vervolg)
Onderwysertaak
Hou ’n groepbespreking om die leerders te help om oor hulle ondersoek
te besin. Gebruik die volgende vrae om hulle te help.
1. Vergelyk jou voorspelling en jou finale antwoord. Hoe goed was jou
voorspelling?
2. Was dit maklik om die hoeveelheid vloeistof in jou houer te meet?
Hoe akkuraat het jy gemeet?
3. Was dit maklik om akkuraat te meet? Wat was moeilik?
4. Hoe belangrik is dit om akkuraat te kan meet en bereken?
5. Wat sou jou gehelp het om akkurater te wees?

ASSESSERINGSKRITERIA
Ondersoek: Om te meet hoeveel water my houer sal
volmaak
Assessering vir LU1

Assesseringstaak Assesseringskriteria
Meet hoeveel water jou Leerders moet die volgende doen:
houer sal hou. u Bring ’n geskikte houer klas toe.
u Maak ’n redelike voorspelling van die
hoeveelheid water wat dit sal hou.
u Werk ’n redelike en akkurate manier
uit om uit te vind wat die houer se
volume is deur bekende mate soos
medisynelepels en klein bottels
te gebruik.
u Teken en beskryf ’n metode wat hulle
begrip wys.
u Wys enige berekeninge.
u Vergelyk hulle antwoord en hulle
voorspelling en besin oor die
akkuraatheid van hulle voorspelling.

17
7
Sleutelbegrippe
Hoe meet ons die hoeveelheid
materie wat ons het?
g Die hoeveelheid
Onderwysertaak
Inligting vir die ond
materie in ’n stof word Inleiding In die vorige le
erwyser
die massa genoem. Praat met jou leerders oor wanneer ’n mens inkopies erervaringe
het ons die vo
g Ons meet massa in vir kos doen. Wys vir hulle sommige kosverpakking, ho lume of
eveelheid vloe
gram (g) of kilogram bv. van suiker, mieliemeel, meel, rys, tee, ens. istowwe en
poeiers gemee
t. Die volume
(kg). sê vir ons hoev
eel ruimte
g Ons kan die hoeveel- iets in beslag
neem.
heid materie (massa) Wanneer ons eg
IE ter massa
in ’n stof meet deur ’n O N meet, meet on
s
POL
die
hoeveelheid m
skaal (balans) te aterie daarin.
Byvoorbeeld, ’n
gebruik. baie groot
stuk polistireen
Die maat wat gebruik sal ’n groot
volume hê, maa
r sal ’n klein
word wanneer weten- hoeveelheid m
aterie (massa)
skaplikes die hoeveel - daarin hê. ’n Kl
ein stukkie
heid materie in ’n lood sal ’n klei
n volume hê,
vaste stof, vloeistof of maar sal ’n ba
ie groot
hoeveelheid m
gas meet, word die aterie (massa)
daarin hê.
massa genoem. Ons
’n Brood sal ’n
meet dit in eenhede klein massa
hê, maar ’n ba
ksteen sal ’n
wat gram (g) en groot massa hê
.
kilogram (kg) genoem Vra jou leerders:
word. u Wanneer ons suiker koop, hoe weet ons hoeveel suiker ons koop?
Ons gebruik gram (g) (Vestig hulle aandag op die mate buite-op die verpakking en laat
om klein hoeveelhede hulle dit lees.)
materie te meet en u Het alle pakkies kos dieselfde hoeveelheid kos daarin?
kilogram (kg) om u Watter eenhede word op die pakkies gebruik om die kos te meet?
groter hoeveelhede u Watter eenhede word vir die groter hoeveelhede gebruik?
materie te meet. u Watter eenhede word gebruik om die kleiner hoeveelhede te meet?

Stel die woord massa aan die leerders bekend en verduidelik die begrip.
Stel ook die eenhede g en kg bekend en verduidelik dit. Verduidelik hoe
om massa te meet deur te demonstreer hoe om ’n skaal te gebruik.
Wanneer ons ’n skaal gebruik, sit ons die goed wat ons meet aan die een
kant en ’n bekende massa aan die ander kant. As die twee kante
balanseer, is die massas dieselfde.

As hierdie merke in
lyn is, is die skaal Skaal
gebalanseer.
18
Leerdertaak Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het?
u Gebruik ’n skaal om te meet hoeveel materie 6 medisynelepels hou.
u Bring ’n paar stowwe wat jy graag sal wil meet, van die huis af.

rder- Stof Watter hoeveelheid Hoeveel materie


Sien lee vir (volume) het jy? (ml) (massa) het jy? (g)
t
taakkaar g op
erin 6 medisynelepels rys 30ml
fotostat 35.
bladsy
6 medisynelepels suiker 30ml
6 medisynelepels water 30ml
6 medisynelepels meel 30ml
6 medisynelepels sand 30ml
6 medisynelepels klippies 30ml
6 medisynelepels sout 30ml
6 medisynelepels tee 30ml
6 medisynelepels soutwater 30ml
6 medisynelepels olie 30ml
6 medisynelepels suikerwater 30ml

Vaslegging
Onderwysertaak Maak ’n klasgrafiek saam met jou leerders om te wys hoeveel massa daar in
6 medisynelepels van verskillende soorte materie is.
u Watter stof het die meeste materie (massa) in 6 medisynelepels?

massa (g)
Grafiek om die massa van 6 medisynelepels
van verskillende soort materie te wys
Massa (g)

rys suiker water meel sand klippe sout tee soutwater olie suikerwater

u Watter stof het die minste materie (massa) in 6 medisynelepels?


u Het enige stowwe het dieselfde hoeveelheid materie (massa) in 6 medisynelepels?
u Het alle stowwe dieselfde hoeveelheid materie (massa)?
19
Voorgestelde skryfaktiwiteit
Moontlike sinne
Vra jou leerders om prente in hulle boeke te teken en sinne te skryf oor
wat hulle uitgevind het. Byvoorbeeld:

VERSKILLENDE STOWWE BEVAT


VERSKILLENDE HOEVEELHEDE MATERIE
Ses medisynelepels rys hou 100 g materie.
Ses medisynelepels water hou 60 g materie.
Ses medisynelepels ———————————
hou ——————— materie.

Onderwysertaak Vergelyk
Wanneer ons dinge vergelyk, het ons die geleentheid om die woorde
minder as, meer as en ewe veel of dieselfde as bekend te stel.
Byvoorbeeld:
u Die massa van die meel is minder as die massa van die olie.
u Die massa van die suiker is meer as die massa van die meel.
u Die massa van die sout is dieselfde as die massa van die sand.

Uitbreidingsleerdertaak
Meet die massa van ander voorwerpe
Vra jou leerders om ander dinge klas toe te bring en die massa daarvan
met behulp van ’n skaal te meet. Byvoorbeeld, hulle kan uitveërs,
potlode, muntstukke, botteldoppies, klein klippies en enige ander klein
voorwerpe bring. Probeer hulle sover kry om dinge van verskillende
groottes te bring. Polistireenvoorwerpe werk goed, want selfs as die
voorwerp groot is, het dit baie min massa. Metaal werk ook goed, want
selfs klein stukkies metaal het ’n redelik hoë massa.
Vra jou leerders om die massas van die voorwerpe op te teken en dan ’n
staafgrafiek te trek om die voorwerpe van dié met die minste massa na
dié met die meeste massa te orden.
Leerdertaak
Meet die massa van verskillende voorwerpe
1. Bring ’n paar voorwerpe van die huis of skool af klas toe.
2. Vind uit wat die massa van elke voorwerp is.
t
taakkaar 3. Teken die massa op.
Sien die tering op
sta
vir foto 7.
4. Trek ’n staafgrafiek om die verskillende massas te wys. Begin met die
bladsy 3 kleinste massa, teken dan die massas in volgorde op en eindig met die
grootste massa.

20
Teken die massa op

Voorwerp (Teken of noem) Massa (g)

4g

Grafiek om die verskillende voorwerp te wys

bottel- Potlood Uitveër Liniaal


doppie

Vaslegging
1. Bespreek die volgende vrae met jou leerders. Verwys na die resultate
van hulle afmetings om op die antwoorde te besluit.
Vrae:
u Het alle voorwerpe dieselfde hoeveelheid materie?
u Het alle voorwerpe dieselfde massa?
u Het groter voorwerpe altyd ’n groter massa?
u Het kleiner voorwerpe altyd ’n kleiner massa?
2. Laat die leerders dan die vrae en antwoorde in hulle boeke skryf.
3. Skryf die gevolgtrekking saam met hulle.

Gevolgtrekking: Verskillende voorwerpe het verskillende


hoeveelhede materie. Die hoeveelheid materie wat iets
het, hang nie af van sy grootte nie.
21
8
Sleutelbegrippe
Hoe meet ons die hoeveelheid
gas wat ons het?
Onderwysertaak
g ’n Gas bestaan uit
deeltjies materie en Dink na oor hoe om gasse te meet
ons kan dus die massa 1. Vra jou leerders:
daarvan meet. u Watter gasse gebruik ons in en om die huis?
g Dit is moeilik om die u Is dit ooit nodig om ’n gas te meet? Wanneer?
volume (hoeveelheid) u Hoe kan ’n mens meet hoeveel gas jy het, dink jy?
van ’n gas te meet. Dit
Sal dit maklik wees om ’n gas te meet?
is so omdat ’n gas sal
versprei totdat dit in Vind meer uit oor hoe om gasse te meet
enige grootte houer 2. Vra jou leerders dan om uit te vind of die gas in gasbottels (bv. BP-
pas. Die volume van die gas en Cadac-gas) in gram en kilogram of in milliliter en liter gemeet
gas verander word. Hulle moet ook uitvind of ’n mens verskillende hoeveelhede gas
afhangend van die kan koop, en dan ’n aantekening maak van die verskillende
grootte van die houer hoeveelhede gas wat ons kan koop. Die leerders kan na gasbottels tuis
waarin dit is. kyk of hulle kan by vulstasies en plekke waar gasbottels volgemaak
word, uitvind.
Inligting vir die onderwyser
Die gas wat ons koop, word altyd in kilogram in ’n klein houer gesit word, sal dit ’n klein
gemeet, en nie in liter nie. Dit is moeilik om die volume hê. As dieselfde massa gas in ’n groter
hoeveelheid (volume) van die gas te meet. Dit is houer gesit word, sal dit versprei om die houer
omdat gas versprei tot dit die grootte van die te vul, en die volume sal groot wees, al is dit
houer waarin dit is, vul. As ’n sekere massa gas nog dieselfde hoeveelheid materie.

Verduidelik
Onderwysertaak Trek die volgende diagram op die bord en verduidelik aan die
leerders wat dit voorstel.

1 kg gas 1 kg gas
1 kg gas 1 kg gas

Jy kan die volgende aan die leerders sê:


Daar is dieselfde aantal deeltjies gas in elke houer. Jy kan hulle op die prent
tel. Ons kan hulle in ’n klein houer indruk. Of ons kan hulle in ’n groter
houer sit. As ons dieselfde aantal deeltjies gas in ’n groter houer sit,
versprei hulle. Maar die aantal deeltjies bly dieselfde. Die hoeveelheid
materie is dieselfde. Dit het dieselfde massa van 1 kg.

22
Wanneer ons gas koop, wil ons seker wees van die hoeveelheid
gasmaterie waarvoor ons betaal. Die gas word dus in die bottel ingedruk
(saamgepers) tot ’n sekere massa (gemeet in kg) bereik word. Dan weet
jy dat wat jy koop, ’n sekere hoeveelheid van daardie gasmaterie is.

1 kg gas
5 kg gas 25 kg gas
45 kg gas 90 kg gas

Leerdertaak Kyk na ’n paar gasbottels


u Wat is die hoeveelheid gasmaterie in die bottels?
u Is daar verskillende grootte bottels? Hoeveel materie hou hierdie
bottels?
u Teken en skryf om te verduidelik hoeveel gas is in die bottels waarna
jy gekyk het.

1 kg 5 kg 2 5 kg 4 5 kg 9 0 kg

u Hoe weet die persoon wat die bottels volmaak


wanneer ’n bottel vol is?

Bespreek
Die doel van hierdie bespreking is om die leerders vir die
assesseringstaak vir LU3 voor te berei.
Lei ’n klasbespreking deur vrae soos die volgende te vra:
u Watter soort gasse gebruik ons in ons lewens?
u Watter soorte toestelle (dinge) het gas nodig om te kan werk?
u Waarom het hierdie toestelle gas nodig om te kan werk?
u Waarom is hierdie toestelle nuttig vir ons?

Hier is ’n paar voorbeelde van sulke toestelle:


’n fietspomp, ’n sokkerbal, ’n fiets- of motorband, ’n kompressor om
bande op te pomp, ’n kompressor wat ’n lugboor aandryf, ’n bus se
lugremme, die pomp van ’n Primus-stoof, ’n gasstoof waarop jy kos kook,
’n valskerm, ’n vlieër, ’n busdeur wat saamgeperste lug gebruik, ’n
diepseeduiker se suurstoftenk, aërosolkannetjies, ens.

23
Sien die assessering-
Assesseringstaak vir LU3
standaarde vir LU3 Die gasse in ons lewens – Ons gebruik gas om dinge te
vir graad 4 op bladsy
50 en sien ook die
laat werk
Leerdertaakkaart op Die doel van hierdie assesseringstaak is dat leerders die volgende doen:
bladsy 39 vir u Verstaan hoe gasse in ons lewens gebruik word.
fotostatering. u Identifiseer tegnologiese toestelle wat ’n gas gebruik om dit te laat
werk.
u Verduidelik die doel en nut van hierdie toestelle.

Assesseringstaak Leerderassesseringstaak vir LU3


Die gasse in ons lewens
Ons gebruik gas om sekere dinge te laat werk.
Toestelle wat gas gebruik, is nuttig vir ons.

Bespreek
1. Dink na oor die plek waar jy woon. Is daar enige dinge wat ’n gas
gebruik om te kan werk?

Kyk by die huis


2. Kyk by die huis watter dinge ’n gas nodig het om te kan werk. Dink
na oor hoe die gas elke ding laat werk
3. Verduidelik aan jou groep hoe elke ding werk.
4. Verduidelik waarvoor elke ding gebruik word.

Doen
5. Teken en skryf oor die dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk. Jy
moet wys jy verstaan hoe gas elkeen van die dinge help om te werk.
Jy moet ook wys hoe hierdie toestelle nuttig vir ons is.

ASSESSERINGSKRITERIA
Assesseringstaak Assesseringskriteria

Teken en skryf oor die dinge Die leerder moet die volgende doen:
wat ’n gas gebruik om dit u Verskaf geskikte voorbeelde van tegnologiese toestelle wat ’n
te laat werk. gas gebruik om te kan werk, bv. ’n fietspomp, ’n sokkerbal, ’n
fiets- of motorband, ’n kompressor om bande op te pomp, ’n
kompressor wat ’n lugboor aandryf, ’n bus se lugremme, die
pomp van ’n Primus-stoof, ’n gasstoof waarop jy kos kook, ’n
valskerm, ’n vlieër, ’n busdeur wat saamgeperste lug gebruik, ’n
diepseeduiker se suurstoftenks, aërosolkannetjies.
u Verskaf inligting oor waarvoor hierdie toestelle gebruik word.
u Wys ’n mate van begrip van die doel van die gas in die toestel.
u Verskaf ’n geskikte opskrif.
u Teken duidelik, skryf leesbaar en gebruik gepaste
sleutelwoorde.

24
PERIODE 1 PERIODE 2 PERIODE 3 PERIODE 4 PERIODE 5
Leerervaring 1 • Leerders sorteer, teken en • Verduidelik eienskappe • Leerderskryftaak oor • Speel met woorde
Stel bekend: Wat is materie skryf oor: Vaste stowwe, van vaste stowwe, Watter vaste stowwe, • Stel bekend: Voorwerpe
Leerervaring 2 Vloeistowwe en Gasse. vloeistowwe en gasse. vloeistowwe en gasse is met kombinasies van ’n
Stel bekend: Wat is vaste • Kontroleer hul sortering Leerervaring 3 om ons? vaste stof, vloeistof en
stowwe, vloeistowwe en • Vaslegging Stel bekend: Watter vaste gas
gasse • Vra leerders om stowwe, vloeistowwe en • Berei leerders voor vir
• Wys voorbeelde voorbeelde vir ’n gasse is om ons? assesseringstaak – hulle
klasuitstalling te bring • Maak ’n klasuitstalling moet voorwerpe van die
huis af bring

PERIODE 6 PERIODE 7 PERIODE 8 PERIODE 9 PERIODE 10


Assesseringstaak vir LU2 Leerervaring 4 • Bespreek vrae oor die • Leerdertaak: Watter Leerervaring 6
• Leerders skryf en teken Hoe meet ons vaste meet van medisyne hoeveelheid vloeistof of • Stel bekend en
oor Watter vaste stowwe, stowwe, vloeistowwe en Leerervaring 5 vaste stof het ons? ondersoek: Hoe meet ons
vloeistowwe en gasse is gasse? • Stel bekend: Hoeveel • Vaslegging die hoeveelheid van ’n
om ons? • Klasbespreking oor kan ’n medisynelepel vloeistof?
NB: Besluit wanneer om meting hou? • Stel bekend en
terugvoering oor • Leerdertaak oor Meet • Demonstreer prosedure verduidelik die meet van
assesseringstaak te gee. medisyne volume en eenhede
• Bespreking oor apparaat

PERIODE 11 PERIODE 12 PERIODE 13 PERIODE 14 PERIODE 15


Ondersoek • Vaslegging oor die meet • Kontroleer verbeteringe Assesseringstaak vir LU1 • Leerders skryf en teken
van ’n hoeveelheid water na skryftaak om hulle ondersoek op te
VOORGESTELDE WERKSKEMA

• Leerdertaak: “Meet en Leerders ondersoek: Om te


bereken die hoeveelheid • Leerderskryftaak oor “Ons • Berei leerders voor vir meet hoeveel water in my teken
water wat in verskillende het gemeet hoeveel assesseringstaak houer sal pas
houers sal pas vloeistof ons het“ • Vra leerders om houers NB: Besluit wanneer om
van die huis af te bring terugvoering oor
assesseringstaak te gee.

25
26
PERIODE 16 PERIODE 17 PERIODE 18 PERIODE 19 PERIODE 20
• Groepbesinning oor die Leerervaring 7 Leerdertaak Vaslegging Leerderuitbreidingstaak
akkuraatheid van die • Stel bekend: Hoe kan • Meet massa en • Leerderskryftaak om die • Meet die massa van
ondersoek. ons die hoeveelheid optekening massas van verskillende ander voorwerpe
materie wat ons het, • Kontroleer meting en voorwerpe te vergelyk Optekening
meet? optekening
• Verduidelik die begrip
massa en eenhede
• Demonstreer hoe om ’n
skaal te gebruik
PERIODE 21 PERIODE 22 PERIODE 23 PERIODE 24 PERIODE 25
Leerderuitbreidingstaak Leerervaring 8 • Leerders teken en skryf • Berei leerders voor vir Assesseringstaak vir LU3
(vervolg) • Stel bekend: “Hoe kan oor mate op gasbottels. assesseringstaak • Leerders doen
• Teken ’n grafiek ons die hoeveelheid gas • Verduidelik die • Bespreking oor toestelle assesseringstaak oor Die
• Vaslegging wat ons het, meet? “ hoeveelheid gasmaterie wat met gas werk gasse in ons lewens
• Besprekingsvrae • Bespreking oor die meet in verskillende groottes • Berei leerders voor om NB: Besluit wanneer om
van die hoeveelheid gas gasbottels. tuis te kyk na toestelle terugvoering oor
• Berei leerders voor om wat gas nodig het om te assesseringstaak te gee.
na gasbottels tuis te kyk werk
VOORGESTELDE WERKSKEMA (vervolg)
aanvaar
Dit is
werkske
da
m

lan
aanpassi
’n voorg
es

ngs.
jou eie k is. Maak
word
a. Daar telde
minute t periodes 50
Afdeling 2
Hulpmiddels vir onderwysers
Taakkaarte vir fotostatering
1. Taakkaart 1. Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse . . . . . . . . . . . . . . . .28
2. Taakkaart 2. Assesseringstaak vir LU2 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .29
3. Taakkaart 3. Hoe meet ons vaste stowwe, vloeistowwe en gasse? . . .30
4. Taakkaart 4. Hoeveel kan ’n medisynelepel hou? . . . . . . . . . . . . . . . . . .31
5. Taakkaart 5. Hoe kan ons die hoeveelheid van ’n vloeistof meet? . . . .32
6. Taakkaart 6. Assesseringstaak – LU1 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .33
7. Taakkaart 7. Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat ons het? . . .35
8. Taakkaart 8. Hoe meet ons die hoeveelheid gas wat ons het? . . . . . . .37
9. Taakkaart 9. Assesseringstaak – LU3 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Tradisionele storie . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40

27
L EERDERTAAKKAART 1 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Vaste stowwe, vloeistowwe en gasse

Sorteer, teken en skryf


1. Sorteer die dinge in jou boks in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
2. Skryf oor en teken prente om te wys watter dinge is vaste stowwe, watter dinge is vloeistowwe
en watter dinge is gasse.

VASTE STOWWE VLOEISTOWWE GASSE

Wat kan alle vaste Wat kan alle vloeistowwe Wat kan alle gasse doen?
stowwe doen? doen?
u Alle vaste stowwe behou u Alle vloeistowwe kan geskink u Alle gasse neem die vorm van
hulle vorm. word. hulle houer aan.
u Alle vloeistowwe neem die vorm u Alle gasse kan in die lug
van die houer aan. ontsnap.

28
A SSESSERINGSTAAKKAART TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Watter vaste stowwe, vloeistowwe en gasse


is om ons?
Leerderassesseringstaak vir LU2

Sommige dinge om ons is ’n kombinasie van vaste stof, vloeistof en gas.

Instruksies
1. Bring van jou huis soveel moontlik dinge wat ’n kombinasie van ’n vaste stof, ’n
vloeistof en ’n gas is.
Verduidelik die vaste stof, vloeistof en gas in elke ding aan jou groep.
2. Skryf oor en teken die vaste stowwe, vloeistowwe en gasse wat jy saamgebring het in
jou boek.
Jou skryfwerk en tekeninge moet alles wys wat jy oor vaste stowwe, vloeistowwe en
gasse verstaan.
Gebruik sommige van die woorde uit die woordspeletjie wanneer jy skryf.

29
L EERDERTAAKKAART 3 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Hoe meet ons vaste stowwe,


vloeistowwe en gasse?
Meet medisyne
1. Bring ’n paar leë medisyneboksies en -bottels saam klas toe. Kry die aanwysings wat saam
met dit kom. Soms is daar ’n stukkie papier met aanwysings binne-in die boksie.
2. Lees die aanwysings en vind uit hoeveel medisyne gebruik moet word.
3. Maak dan ’n lys soos hierdie een in jou boek:

NAAM VAN MEDISYNE DOSIS: HOEVEELHEID MEDISYNE

Vir ’n kind Vir ’n volwassene

Panado-stroop

Panado-tablette

Grandpa-poeiers

Borstal

Eno

Bespreek
Bespreek hierdie vrae in jou groep:

Vrae:
1. Waarom moet ons sommige medisyne meet voor ons dit drink?
2. Waarom is die dosis verskillend vir kinders en vir volwassenes?
3. Wat sal gebeur as ’n kind ’n volwassene se dosis gegee word?
4. Wat sal gebeur as ’n volwassene ’n kind se dosis gegee word?
5. Hoe vind ’n mens uit wat die dosis van ’n medisyne is?

30
L EERDERTAAKKAART 4 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?

Meet die hoeveelheid vloeistof of vaste stof in ’n medisynelepel


Hoeveel water is daar in een teelepel?

1. Neem 1 medisynelepel water.

2. Trek dit in ’n spuit op.

3. Lees hoeveel water in die spuit is. Volume =

4. Spuit die vloeistof in die spuit in ’n maatsilinder.

5. Lees hoeveel water in die maatsilinder is.

Volume =
Gebruik dieselfde prosedure om medisynelepels van ander vloeistowwe te meet.

Teken op

Vloeistof Spuit Maatsilinder

1 lepel . . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml


1 lepel . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml
Gebruik nou dieselfde prosedure om medisynelepels poeier te meet. Jy sal nie die poeier in die
spuit kan optrek nie, maar sal dit moet ingooi.

Poeier Spuit Maatsilinder

1 lepel . . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml


1 lepel . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml
1 lepel . . . . . . . . . . volume = . . . .ml volume = . . . . . .ml

Hoeveel kan ’n medisynelepel hou?

....................................................................

....................................................................

....................................................................

31
L EERDERTAAKKAART 5 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Ondersoek

Groepaktiwiteit Meet en bereken die hoeveelheid water


wat verskillende houers sal volmaak
u Onthou, 5 ml water kan 1 medisynelepel volmaak.
u Gebruik die water en houers om te meet hoeveel water elke houer sal
volmaak.
u Teken jou bevindinge op.

VOORSPEL DOEN TEL BEREKEN


Hoeveel, dink jy, sal in Dit is wat jy moet Hoeveel het in die Hoeveel water het
die bottel pas? doen bottel gepas? jy gemeet? (ml of l)
Hoeveel medisyne- Gooi water in. Hoeveel medisynelepels Hoeveel water is
lepels water sal water het dit geneem om nou in die babakos-
die babakos- die babakosbottel vol te bottel?
bottel volmaak? maak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel medisynelepels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem daar nou in die
sal die klein om die klein sapbottel klein sapbottel?
sapbottel vol te maak?
volmaak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel babakosbottels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem om daar in die klein
sal die klein die klein melkbottel melkbottel?
melkbottel vol te maak?
volmaak?

Hoeveel babakos- Gooi water Hoeveel babakosbottels Hoeveel water is


bottels water in. water het dit geneem om daar in die groot
sal die groot die groot melkbottel vol melkbottel?
melkbottel te maak?
volmaak?

32
L EERDERTAAKKAART 6 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Ondersoek
Hoeveel water sal my houer volmaak?
Leerderassesseringstaak vir LU1
Om te meet hoeveel water my houer sal volmaak
1. Bring enige houer van die huis af.
2. Praat oor hoe jy kan uitvind hoeveel milliliter (ml) water in jou houer sal pas.
3. Voer jou plan uit.
4. Teken en skryf om te sê hoe jy uitgevind het.

Dit is my houer:

Voorspel:
Ek dink my houer sal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . hou.
Doen:

Dit is wat ek gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .


.........................................................
.........................................................
.........................................................
.........................................................
Bereken:

Dit is hoe ek my berekeninge gedoen het: . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .


.........................................................
Dit is die hoeveelheid water wat my houer volmaak: . . . . . . . . . . . . . . . . . .
My voorspelling was reg/verkeerd.
Was jou voorspelling goed? Verduidelik aan jou groep waarom jy so sê.

33
Leerderassesseringstaak (vervolg)

Groepbesinning
Bespreek hierdie vrae met jou groep
Hierdie vrae sal jou help om na te dink oor wat jy gedoen het.

1. Vergelyk jou voorspelling en jou finale antwoord. Hoe goed was jou voorspelling?

2. Was dit maklik om die hoeveelheid vloeistof in jou houer te meet? Hoe akkuraat het
jy gemeet?

3. Was dit maklik om akkuraat te meet? Wat was moeilik?

4. Hoe belangrik is dit om akkuraat te kan meet en bereken?

5. Wat sou jou gehelp het om akkurater te wees?

34
L EERDERTAAKKAART 7 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Hoe meet ons die hoeveelheid materie wat


ons het?

1. Teken ’n prent van ’n skaal om te wys wanneer


die massas aan albei kante balanseer.
2. Gebruik ’n skaal om te meet hoeveel materie
6 medisynelepels hou.
3. Bring ’n paar stowwe wat jy graag sal wil meet, Skaal
van die huis af.

MEET
Stof Watter hoeveelheid Hoeveel materie
(volume) het jy? (ml) (massa) het jy? (g)

6 medisynelepels rys

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

6 medisynelepels . . . . . . . . . . .

35
Grafiek om te wys hoeveel massa daar in 6 medisynelepels
vol materie is
y
massa (g)

x
rys
6 teelepels materie

Vrae oor jou grafiek


u Watter stof het die meeste materie in 6 medisynelepels?
u Watter stof het die minste materie in 6 medisynelepels?
u Het enige stowwe het dieselfde hoeveelheid materie in 6
medisynelepels?
u Het alle stowwe dieselfde hoeveelheid materie?

36
L EERDERTAAKKAART 8 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Meet die massa van verskillende


voorwerpe
1. Bring ’n paar voorwerpe van die huis of skool af klas toe.
2. Vind uit wat die massa van elke voorwerp is.
3. Teken die massa op.
4. Trek ’n grafiek om die verskillende massas te wys. Begin met die kleinste massa, teken
dan die massas in volgorde op en eindig met die grootste massa.

Teken die massa op


Voorwerp (Teken of noem) Massa (g)

Grafiek om die massa van verskillende voorwerpe te wys


y
massa (g)

verskillende voorwerpe
x

37
Vrae
u Het alle voorwerpe dieselfde hoeveelheid materie?
u Het alle voorwerpe dieselfde massa?
u Het groter voorwerpe altyd ’n groter massa?
u Het kleiner voorwerpe altyd ’n kleiner massa?

Gevolgtrekking
Verskillende voorwerpe het verskillende hoeveelhede materie. Die
hoeveelheid materie wat iets het, hang nie af van sy grootte nie.

38
L EERDERTAAKKAART 9 TAAKKAARTE VIR FOTOSTATERING

Die gasse in ons lewens

Leerderassesseringstaak vir LU3

u Ons gebruik gas om sekere dinge te laat werk.


u Toestelle wat gas gebruik, is nuttig vir ons.

Bespreek
1. Dink na oor die plek waar jy woon. Is daar enige dinge wat ’n
gas gebruik om te kan werk?

Kyk by die huis


2. Kyk by die huis watter dinge ’n gas nodig het om te kan werk.
Dink na oor hoe die gas elke ding laat werk
3. Verduidelik aan jou groep hoe elke ding werk.
4. Verduidelik waarvoor elke ding gebruik word.

Doen
5. Teken en skryf oor die dinge wat ’n gas gebruik om te kan werk.
Jy moet wys jy verstaan hoe gas elkeen van die dinge help om
te werk. Jy moet ook wys hoe hierdie toestelle nuttig vir ons is.

39
Tradisionele storie
Umgwebi uSokhetye
Kwathi kekaloku ngantsomi, kwakukho iimpuku ezimbini. Zaye zangena
ndlwini ithile zagqogqa, zagqugqisa zifuna ezingakutyayo. ‘Yiza uzekubona.
Nasi isonka samasi!
Esingaka sona! Sizakutya sonele!’ Yasebeza yatsho enye ibiza ugxa wayo.
Zazama ukwahlulelana ngesisonka kodwa suka zaxabana. ‘Hayi suka ucinga
ukuba ndingafumana isonka esingaka ukubasincinane ndakugqiba ukuza
necebo lokuya kuzingela?’ Yatsho enye impuku ingonelisekanga sisabelo sayo.
‘uNotshe! Ndim osibhaqileyo esi sonka samasi. Ndimele ukufumana isixa
esikhulu kunawe!’ yatsho le mpuku iligqabi ngumsindo. ‘Khawukhe ume
ngomsindomfondini. Ndicinga ukuba khesiye kumgwebi u Sokhetye
asisombululele le ntsumantsumane.’
Zanduluka zigxalathelana ukusinga kwaSokhetye. Zifike zawubeka umcimbi
kuSokhetye umgwebi omkhulu. ‘Ndinikeni isonka eso, ndinahlulele
ngokulinganayo kuba ibe imiyizamo yenu nobabini ukuze nisifumane esisonka
samasi’
Wasithabatha isonka umgwebi waluma amaqhekeza amabini wawabeka esikalini
sakhe. Kuthe kuba lamaqhekeza ebe engalingani, wazama ukuwalinganisa
ngokuthi alume afake kuye emlonyeni. Waqhuba ezama ukuwalinganisa.
Grenye-grenye watsho ngomkhulu umthamo, wafaka emlonyeni.
‘Yoo! Saphela isonka sethu madoda! Sinike Mgwebi nokuba azilingani,’ bakhale
batsho oompukwazana, batsho basithi hlasi isonka sabo samasi babaleka naso.

Die Groot Regter


Oorvertel deur Nontsikelelo Mahote
Eendag was daar twee baie honger klein muisies. Hulle gaan toe na die boer se
huis om kos te soek. “Kom kyk,” fluister die een. “Hier’s ’n lekker stuk kaas.
Dis so groot dat ons ons trommeldik kan eet!”
Die twee muise probeer die kaas deel, maar begin gou stry. “Ek moet meer kry!
Dit was my plan om hier na die boer se huis te kom!” sê die een.
“Maar ek het die kaas gevind. Ek moet ’n groter stuk kry!” sê die ander een
kwaad.
“Wag, ek het ’n plan. Kom ons gaan na die Groot Regter om ons argument op
te los,” stel die een voor.
Hulle gaan toe met die stukke kaas na die Groot Regter. Hy luister aandagtig
na die twee muise wat sommer weer begin stry terwyl hulle vertel wat hul
probleem is. Die Groot Regter raas met hulle omdat hulle hul vriendskap oor ’n
stuk kaas wil verwoes.
Toe sit die Groot Regter albei stukke kaas op ’n skaal. “Hmm ... hmm ... hmm.”
Hy neem ’n hap kaas uit die een stuk terwyl hy probeer om dit te laat
balanseer. Een kant van die skaal gaan op. Toe neem hy ’n hap uit die ander
stuk kaas om die twee stukke te laat balanseer.
“Nee! Nee! Hou op! U eet ons kaas op! Gee dit terug, asseblief, al is dit ewe
groot!” skree die twee muise. En hulle gryp die kaas wat oor is en hardloop
saam weg – elkeen met ’n stuk kaas onder die blad.

40
Afdeling 3
Uittreksels uit die Nasionale Kurrikulumverklaring vir Natuurwetenskappe
Graad R–9
1. Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale (NK) . . . . . . . . . . . 43–45
2. Uitkomste en assesseringstandaarde (NK) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 46–51

41
Notas

42
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

KERNKENNIS EN -BEGRIPPE IN MATERIE EN MATERIALE

Eienskappe en Gebruike van Struktuur, Reaksies en Veranderings


Materiale van Materiale

Samevattende stelling: Ons kan Samevattende stelling: Ons kan stowwe op


materiaal/stowwe volgens die eienskappe verskillende maniere wysig na aanleiding
daarvan klassifiseer ten einde soorte en van ons begrip van die substruktuur
patrone te bepaal. Eienskappe bepaal die daarvan.
seleksie van materiaal vir spesifieke
doeleindes.

Grondslagfase

1 Verskillende stowwe het verskillende 2 Stowwe kan gemeng word en soms


eienskappe, soos tekstuur, kleur, kan veranderings gesien word, bv. die
sterkte en gewig, en kan volgens oplossing van ’n vaste stof of nuwe
hierdie eienskappe geklassifiseer kleure wanneer voedselkleurstowwe
word. Ons maak dinge uit die of verf gemeng word.
materiaal of stowwe wat die
eienskappe besit wat ons wil hê.

Intermediêre Fase

1 Suiwer stowwe het ’n smelt- 4 Party veranderings in stowwe is


temperatuur en ’n kooktemperatuur tydelik, maar ander veranderings is
wat kenmerkend van elke stof is, en permanent.
wat help om die stof te identifiseer. 5 Stowwe verander wanneer dit energie
2 Materiaal/stowwe word geëvalueer en as hitte ontvang of verloor. Hierdie
geklassifiseer volgens die eienskappe veranderings sluit inkrimping en
daarvan (soos hardheid, buigbaarheid, uitsetting, smelting, verdamping,
hittegeleidings- of isolasievermoë, kondensasie en stolling in. (Skakel
elektriese geleidings- of isolasie- met Energie en Verandering.)
vermoë, of dit gemagnetiseer kan 6 Die oplos van ’n stof in ’n oplosmiddel
word, oplosbaarheid en of dit roes). hang af van veranderlikes wat die
3 Hoofklasse stowwe is metale, oplossnelheid affekteer.
keramiek (insluitend glas) en polimere
(insluitend plastiek en vesel). In
saamgestelde stowwe word die
eienskappe van twee of meer soorte
materiaal/stowwe gekombineer.

Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale

43
Natuurwetenskappe

Eienskappe en Gebruike van Struktuur, Reaksies en Veranderings


Materiale van Materiale
Senior Fase

1 Stowwe in verskillende toestande het 9 ’n Deeltjiemodel van materie kan


onderskeidende eienskappe soos fisiese veranderings van stowwe, soos
kristalagtige strukture, saampers- smelting, verdamping, kondensasie,
baarheid/onsaampersbaarheid, of die diffusie en verwarming deur geleiding,
neiging om te versprei. verklaar.
2 Donkerkleurige oppervlakke word 10 Baie huishoudelike stowwe is suur of
warmer as ligkleurige oppervlakke alkalies. Indikators is stowwe wat met
wanneer dit aan uitstralende sure en oplosbare alkalië (basisse)
energiebronne soos die son bloot- reageer om produkte met
gestel word. Donkerkleurige onderskeidende kleure te produseer.
voorwerpe straal hul energie Sure en alkalië neutraliseer mekaar
geredeliker as hitte uit as blink, om soute te vorm. Sure het
ligkleurige voorwerpe. (Skakel met kenmerkende reaksies met metale,
Energie en Verandering.) metaaloksiede, hidroksiede en
3 Sommige soorte materiaal word deur karbonate.
elektriese strome of magnete 11 Baie chemiese reaksies het energie
gemagnetiseer. Sommige soorte nodig om te begin en baie chemiese
materiaal kan elektries gelaai word reaksies stel energie vry wanneer dit
deur dit met ’n ander soort materiaal plaasvind.
te vryf. (Skakel met Energie en 12 Elemente bestaan uit slegs een soort
Verandering.) atoom, terwyl verbindings uit twee of
4 Sommige geleiers en stroombaan- meer soorte atome in vaste
komponente verminder die stroom in verhoudings gevorm word. Elemente
’n elektriese stroombaan betekenisvol. kan reageer om verbindings te vorm,
Dit word resistors genoem. Resistors en verbindings kan tot die elemente
kan geselekteer of ontwerp word om daarvan ontbind. Energie-inset is
strome te beheer. nodig om ’n verbinding in sy elemente
5 ’n Suiwer stof kan nie in verskillende op te breek, terwyl energie vrygestel
stowwe geskei word nie, terwyl ’n word wanneer elemente reageer om ’n
mengsel geskei kan word, gewoonlik verbinding te vorm.
deur fisiese middele. Verskille in
eienskappe kan gebruik word om
mengsels van verskillende stowwe te
skei (deur metodes soos filtrasie,
distillasie, verdamping, chromatografie
of magnetisme).

Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale

44
Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

Eienskappe en Gebruike van Struktuur, Reaksies en Veranderings


Materiale van Materiale

6 Spesifieke gasse kan van die lug 13 Suurstof het kenmerkende reaksies
geskei word of in reaksies met metale en niemetale, waardeur
geproduseer word, en kan baie oksiede gevorm word. Sommige van
gebruike in die nywerheidsektor en hierdie oksiede los in water op om
ander sektore van die ekonomie hê. suur- of alkaliese oplossings te vorm.
Suurstof, waterstof, en Sommige metale reageer geredeliker
koolstofdioksied het kenmerkende met suurstof as ander metale. Korrosie
eienskappe en reaksies waardeur dit (roes) van yster is ’n ekonomies
geïdentifiseer kan word. belangrike reaksie wat voorkom kan
7 Die verkryging of ontginning van word deur begrip van die reaksies
nuttige materiaal uit grondstowwe tussen yster, water en suurstof.
hang af van chemiese reaksies en 14 Die reaksie van suurstof met kos stel
metodes van skeiding. energie vry in die selle van lewende
8 Grondstowwe, waarvan verwerkte dinge. (Skakel met Die Lewe en
materiaal gemaak word, moet ontgin, Lewende Dinge.)
gekweek of van ander lande ingevoer
word. Grondstowwe wat ontgin word, (Daar is geen verder kernkennis-
is nie-hernubaar en mynbou kan stellings vir Materie en Materiale in
skade aan die omgewing aanrig. Die hierdie fase nie.)
kweek van grondstowwe behels
keuses oor die gebruik van bewerk-
bare grond en wateropvanggebiede.

Kernkennis en -begrippe vir Materie en Materiale

45
Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om
binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Graad R-vlak Graad 1-vlak Graad 2-vlak Graad 3-vlak Graad 4-vlak

Beplanning van ondersoek


Leerder dra by tot Leerder beplan ’n Leerder beplan ’n Leerder gebruik Leerder dra idees
die beplanning ondersoek ondersoek as deel die materiaal wat oor bekende
van ’n ondersoe- onafhanklik. van ’n groep. deur die groep ge- situasies,
kende aktiwiteit. kies is om die behoeftes of
groep se plan te materiaal by en
kommunikeer. identifiseer
interessante
aspekte wat tot
ondersoek kan lei.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data


Leerder neem deel Leerder neem onaf- Leerder neem onaf- Leerder neem kon- Leerder ondersoek
aan beplande hanklik deel aan ’n hanklik of as deel struktief aan die die moontlikhede
aktiwiteit. beplande aktiwiteit. van ’n groep deel aktiwiteit deel en in beskikbare
aan beplande verstaan die doel materiaal en vind
aktiwiteit. daarvan. uit hoe dit gebruik
kan word.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings


Leerder dink en Leerder dink oor Leerder wys en ver- Leerder verduidelik Leerder praat oor
praat oor wat wat gedoen is en sê duidelik wat beplan en dink na oor waarnemings en
gedoen is. wat uitgevind is. is en hoe dit gedoen watter optrede be- stel moontlike
is. plan is en of dit skakels met ander
moontlik was om situasies voor.
hierdie plan uit te
voer.

62

46
Graad 5-vlak Graad 6-vlak Graad 7-vlak Graad 8-vlak Graad 9-vlak

Beplanning van ondersoek


Leerder lys, met Leerder help om Leerder beplan Leerder identifiseer Leerder beplan ’n
bystand, wat fokusvrae vir eenvoudige toetse faktore wat in prosedure om
bekend is oor ondersoek duidelik en vergelykings en ondersoek in ag voorspellings of
bekende situasies te maak en beskryf dink na oor hoe om geneem moet word hipoteses te toets,
en materiaal en die soort inligting dit billik te maak. en beplan maniere met beheer van ’n
stel vrae vir wat benodig sal om data daaroor te steurende
ondersoek voor. word om die vraag versamel, oor ’n veranderlike.
te beantwoord. verskeidenheid
waardes heen.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data


Leerder voer Leerder voer Leerder organiseer Leerder versamel en Leerder dra by tot
instruksies en eenvoudige toetse en gebruik toerus- teken inligting aan, stelselmatige
prosedures uit wat of opnames uit en ting of bronne om so akkuraat as wat dataversameling
’n klein aantal teken waarnemings inligting te versamel toerusting toelaat en ten opsigte van
stappe behels. of reaksies aan. en aan te teken. ondersoekdoeleindes akkuraatheid,
vereis. betroubaarheid en
die nodigheid om
’n veranderlike te
beheer.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings


Leerder doen Leerder bring Leerder veral- Leerder dink na oor Leerder soek
verslag oor die waarnemings en gemeen ten opsigte die mate waarin patrone en
groep se prosedure reaksies in verband van die relevante die gevolgtrekkings tendense in die
en die resultate met die fokusvraag. aspek en beskryf wat bereik is, data wat versamel
wat verkry is. hoe die data die redelike antwoorde is en veralgemeen
veralgemening op die fokusvraag ten opsigte van
steun. van die ondersoek eenvoudige
is. beginsels.

63

47
Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Graad 4-vlak Graad 5-vlak Graad 6-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig


Leerder gebruik, ten minste, eie Leerder gebruik, ten minste, eie Leerder beskryf, ten minste, die
vlotste taal om voorwerpe, vlotste taal om kenmerke van kenmerke wat een kategorie dinge
materiaal en organismes te noem voorwerpe, materiaal en van ’n ander onderskei.
en te beskryf. organismes te noem en te beskryf.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek


Leerder sorteer voorwerpe en Leerder skep eie kategorieë Leerder kategoriseer voorwerpe
organismes na aanleiding van ’n voorwerpe en organismes en en organismes na aanleiding van
sigbare eienskap. verduidelik eie reël vir twee veranderlikes.
kategorisering.

Interpretasie van inligting


(Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering- Leerder interpreteer, ten minste,
standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms inligting deur alternatiewe vorme
in graad 4 nie.) in graad 5 nie.) van dieselfde inligting te gebruik.

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie
(Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering-
standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms
in graad 4 nie.) in graad 5 nie.) in graad 6 nie.)

48
64
Graad 7-vlak Graad 8-vlak Graad 9-vlak

Onthouvan betekenisvolle inligting wanneer benodig


Leerder onthou, ten minste, Leerder onthou, ten minste, Leerder onthou, ten minste,
definisies en komplekse feite. prosedures, prosesse en beginsels, prosesse en modelle.
komplekse feite.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek


Leerder vergelyk kenmerke van Leerder pas klassifikasiestelsels op Leerder pas veelvuldige
verskillende kategorieë voorwerpe, bekende en onbekende voorwerpe, klassifikasies op bekende en
organismes en gebeurtenisse. gebeurtenisse, organismes en onbekende voorwerpe,
materiaal toe. gebeurtenisse, organismes en
materiaal toe.

Interpretasie van inligting


Leerder interpreteer inligting deur Leerder interpreteer inligting deur Leerder interpreteer inligting deur
kernidees in die teks te getabuleerde data na grafieke te lyngrafieke na teksbeskrywings te
identifiseer, patrone in verander, deur data van grafieke verander, en omgekeerd, deur uit
aangetekende data te vind en af te lees en deur voorspellings na patrone in tabelle en grafieke te
gevolgtrekkings te maak uit aanleiding van patrone te maak. ekstrapoleer om te voorspel hoe
inligting in verskeie vorme een veranderlike sal verander,
(bv. prente, diagramme en deur verbande tussen verander-
geskrewe teks). likes in tabelle en grafieke te
identifiseer, en deur moontlike
verbande tussen veranderlikes te
hipoteseer (veronderstel).

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie
Leerder pas konseptuele kennis Leerder pas konseptuele kennis Leerder pas beginsels toe en bring
toe deur ’n begrip wat onderrig is op ietwat onbekende situasies toe relevante begrippe in verband
met ’n variasie van ’n soortgelyke deur na gepaste begrippe en met mekaar om oplossings vir
situasie in verband te bring. prosesse te verwys. ietwat onbekende probleme te
ontwikkel.

49
65
Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie,
die samelewing en die omgewing te toon.

Graad 4-vlak Graad 5-vlak Graad 6-vlak

Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis
Leerder beskryf hoe plaaslike Leerder identifiseer maniere Leerder beskryf ooreenkomste in
inheemse kulture wetenskaplike waarop produkte en tegnologie uit probleme en oplossings in eie en
beginsels en tegnologiese ander tye en kulture aangepas is. ander samelewings in die hede,
produkte vir spesifieke doeleindes die verlede en moontlik in die
gebruik het en steeds gebruik. toekoms.

Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens
Leerderidentifiseer kenmerke van Leerder identifiseer die positiewe Leerder stel maniere voor om
tegnologiese toestelle rondom hom en negatiewe uitwerking van tegnologiese produkte en
of haar, en sê wat die doel en nut wetenskaplike ontwikkelings of prosesse te verbeter en om die
daarvan is. tegnologiese produkte op die negatiewe uitwerking daarvan op
gehalte van mense se lewens die omgewing te verminder.
en/of die omgewing.

Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak


Leerder identifiseer probleme wat Leerder beskryf die uitwerking Leerder stel maniere voor waarop
sommige mense moontlik met die wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste
gebruik van tegnologiese toestelle tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir
kan hê. op mense het. diegene wat tans daarvan
uitgesluit is.

50
Graad 7-vlak Graad 8-vlak Graad 9-vlak

Begrip van wetenskap as ’n menslike aktiwiteit in kulturele kontekste


Leerder vergelyk verskillende Leerder identifiseer maniere Leerder herken verskille in
interpretasies van gebeurtenisse. waarop mense selfvertroue in hul verduidelikings wat deur die
kennisstelsels opbou. natuurwetenskappe en ander
verduidelikingstelsels gebied word.

Begrip van die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne


Leerder ontleed inligting oor Leerder identifiseer inligting wat Leerder reageer gepas op kennis
volhoubare en onvolhoubare vereis word om ’n mening oor oor die gebruik van hulpbronne
gebruik van hulpbronne. die gebruik van hulpbronne uit en die uitwerking op die
te spreek. omgewing.

51
WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE
PROGRAMME TRUST (PSP)
Die Western Cape Primary Science Programme (PSP) is reeds werksaam sedert 1985.
Die PSP is ’n indiens-onderwysorganisasie wat daarop gerig is om die gehalte van onderrig
en leer in die mees benadeelde laerskole te verbeter. Ons ontwikkel onderwysers se
kennis en vaardighede en ondersteun hulle in hul werk met leerders.
Ons fokus op die kritieke leerareas Natuurwetenskappe (insluitend Omgewingsonderrig),
Tale, Wiskunde en Sosiale Wetenskappe. Die PSP bied 'n verskeidenheid kursusse aan,
ontwikkel leerervarings saam met onderwysers en verleen ondersteuning in hul klasse.
Gebaseer op hierdie interaksie met onderwysers, lewer die PSP vernuwende leermateriaal,
insluitend onderwysergidse, leerdertaakkaarte en materiaal om uit te stal. Al ons materiaal
is in toeganklike taal geskryf en bevat 'n noukeurige progressie van begrippe, talle
aktiwiteite en ondersoeke asook goeie voorstelle vir assessering.
Die PSP het 'n visie van uitnemende laerskoolonderrig vir al die kinders van Suid-Afrika,
waar alle opvoeders uitstekende vaardighede het, toegewyd en vol selfvertroue is, en
goed voorbereid en toegerus is om klas te gee.
Kontak ons vir verdere inligting.
Western Cape Primary Science Programme (PSP)
Edith Stephens Wetland Park
Lansdowneweg
Philippi 7785
Posbus 24158
Lansdowne 7779
Suid-Afrika
Tel: 021 691 9039
Faks: 021 691 6350
E-pos: info@psp.org.za
Webtuiste: www.psp.org.za
NPO: 015-822
Registrasienommer: IT2806/99

Вам также может понравиться