Вы находитесь на странице: 1из 6

GENEALOGIESE GENEALOGICAL

GENOOTSKAP VAN SOCIETY OF


SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS

NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 20 NOVEMBER 2010 @


14:00

ALL WELCOME.

WEBSITE
Members are reminded of the branch’s new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

JOHN STEPHENS
VISE-VOORSITTER
&
SEKRETARIS

Ons het sopas verneem dat ons Vise-Voorsitter cum Sekretaris, Mnr. John Stephens verlede week
in die hospitaal opgeneem is vir ‘n mediese probleem. Daar was aanvanklik pogings aangewend om
op hom te opereer. Op hierdie stadium is John tuis waar hy aansterk met die liefdevolle bystand
van sy vrou, Mev. Iris Stephens. John en Iris, ons dink aan julle en bid die Heer se hand oor julle en
julle familie en wens jou spoedige beterskap toe.

BRING & BRAG


What an enjoyable day we had at West-Gauteng Branch of the GSSA meeting on 16 October 2010.
There were 34 people being members and visitors.
1
Graham Southey and Lucas Rinken
Playing around with grandpa’s
Trophy for the best sheep farmer
For many years.

John & Iris Stephens’ granddaughter, Talita Clarke was our living model of yesteryear with her
great-grandmother’s wedding dress of 1896. If you consider that Talita is 13 years old, that makes it
a huge difference in years; a difference of 101 years. At one stage ladies gathered around Talita and
her Ouma and guess what did they do with this dress? They lifted the hem and inspected how the
seams were put in – well ladies, what did you expect? A rush job? This dress was very well made for
Maria Johanna van Blerk [born1877] who got married to Jacobus Hendrik Vermeulen. Maria and
Jacobus are the grandparents of Iris [born Vermeulen].

John & Iris Stephens


And Granddaughter
Talita Clarke
In great granny’s wedding dress
1896

Our chairman, Lucas Rinken gave each and every exhibitor a chance to tell us something of their
exhibition – even if you only had one little booklet, or a piece of embroidery or a stone carving from
the “Krygsgevangen Kamp.” One of our members [Leander Fourie] showed off his grandfather’s
shotgun; Frans Viljoen brought his grandfather’s High Dutch Family Bible with [see our Newsletter
May 2010 for his story of this Bible and how he got it – editor]. He also had with him two family
coats of arms.

2
The two Viljoen Family crests
Shown by Frans Viljoen

Just to wet your appetite for what you missed out on, we had inter alia: old magazines, a
Johannesburg and surrounding areas telephone directory [Giel Nel]; hand knitted items [Hennie
Le Roux]; juskeie that were made from “knoppiesdoringboom” and calibrated for the correct weight
and dated and a restored shotgun that is still in perfect working condition [Kriek Fourie];
christening dress; medals; a miniature hand bound set of the complete works of William
Shakespeare in a bookcase; a handwritten journal complete with the most wonderful pen & ink
drawings and watercolour paintings; 1914 Rebellion “genealogical” crest and a whole lot more.

1914 Rebellion Family Crest

Thank you to each and every one of you that came along to enjoy and to participate. It shows that
we are serious about preserving our past and to pass it on to our descendants.

ONS TAK SE DAGBOEK

• 22 Januarie 2011: Museumdag [09:00 – 15:00] by Roodepoort Museum.


• 19 Februarie 2011: Algemene Jaarvergadering en verkiesing van ampsdraers.
• Maart 2011: Hobby-X by die Coca Cola Koepel in Randburg.
• 19 Maart 2011: Mnr. Kobus Van Tonder sal oor “Die Dorslandtrek” of oor Tweede Wêreld
Oorlog met ons gesels.
• 16 April 2011: Mnr. Dirk Bloem sal oor die Webblad van die GGSA met ons gesels.
• 21 Mei 2011: Ons Tak besoek die LDS in Parktown en lede en besoekers sal begelei word
deur baie bekwame en deurwinterde lede soos Lucas Rinken, Dennis Pretorius, Barbara
Bouwer.

BEGRAAFPLAAS OPSKRYWING
3
Ons voorgenome begraafplaas opskrywing gedurende Oktober – November 2010 moes weens
onvoorsiene omstandighede afgestel word.

Die projek is net ietwat uitgestel en sal gedurende 2011 opgevolg word.

AANHALING UIT DIE:


GENEALOGIESE INSTITUUT SE
NUUSBRIEF VIR NOVEMBER 2010

Waar kom jy vandaan? – Kry jou stamboom by ‘n e-winkel. Het u geweet dat GISA op
Stellenbosch die plek is waar daar familienavorsing oor Suid-Afrikaners gedoen word – sover daar
inligting beskikbaar is? Daar kan jy jou voorgeslagte kom soek of namens jou laat opsoek deur
vryskutnavorsers. Gaan kyk ook na die databasis op ons webwerf www.gisa.org.za waar
besonderhede oor meer as 10 000 vanne nageslaan of bestel kan word. Die meerderheid van
hierdie vanne, veral die kleiner families wat minder as 20 reëls beslaan, is gratis beskikbaar. Die
groter families se inligting kan jy bestel teen R3 per bladsy plus R25 hanteringskoste per bestelling.
Kom kry vir jouself, familie, of vir jou vriende ‘n Kersfeesgeskenk! Kontak ons gerus by
info@gisa.org.za of orders@sun.ac.za vir verdere inligting. Al die A-Z vanne is reeds in
drukformaat (17 volumes) en kompakskywe gepubliseer en is fisies te koop of kan per familie
afgelaai of bestel word van die e-winkel. Vanne van L-Z se inligting strek van die stamvader tot
ongeveer 1900.

NUUT. A-G vanne is onlangs bygewerk tot 1930 en is slegs in die e-winkel beskikbaar. Die H-K
vanne wat tans tot ongeveer 1850 strek, sal in 2011 bygewerk word tot 1930. Die onderstaande tabel
verduidelik die omvang van die bygewerkte A-G vanne soos op 30.9.2010:

Letter van die Alfabet Aantal bladsye in RGN boek Huidige bygewerkte aantal bladsye
A 89 289 B 468 2158 C 167 949 D 141 748 E 99 530 F 137 641 G 209 1030

AANHALING UIT DIE


NASIONALE PRESIDENT
MNR. HENDRIK LOUW
SE
STOEL
Uitdagings en inkomste lyne
Daar is baie lede wat beskik oor genealogiese inligting wat nie weet hoe en waar om te publiseer
nie, miskien ook nie kans sien vir die moontlike finansiële las nie. Gesels asb. m met die takbestuur
of met my en saam kan ons kyk na moontlike oplossings, die eerste prys van u jarelange navorsing
is tog om die inligting te publiseer in die openbare domain en so te bewaar vir die nageslag.

Geluk dus aan Helena Garner met haar Kriel boek & kompakskyf, so ook aan Martie du Toit, JC
Malan & Engela Linde vir die 3de weergawe van “Amsterdam tot Noord-Kaap” wat handel oor die
Van Rooyen’s van die Noord-Kaapland, die bekende man van Pep-Stores is ook daarin. Verder,
Helena Lombard se Retiefs van Krakeelhoek word herdruk, Pauline Swanepoel se stories oor
Vissershok, Barnard Smit se 28 Noord-Kaapland families, Happy Engela se Overberg families en

4
nog vele meer. So ook is daar miskien ‘n verrassing vir elkeen wat GGSA produkte gaan bestel.
Wees op die uitkyk daarvoor, ons beplan groot dinge vir die res van 2010 en 2011.

Graag wil ek ook vir Simon Wessels bedank vir die opgedateerde (2009) Wessels register op
kompakskyf wat hy aan GGSA geskenk het, So ook Ben Cilliers wat twee doopregisters, Mosselbaai
en Albertinia geskenk het vir verspreiding. Ander lede kan beslis hul voorbeeld volg om deur hul eie
genootskap te bemark, ons het die kanale en die lede.

Dankie sê
Dit is hierdie tyd van die jaar waar ons wil dankie sê aan ons lede, maar ook waar ons hulde bring
aan hulle wat Genealogie bevorder, so die Genealoog van die jaar en ander toekennings sal weer in
2011 se Algemene Jaarvergadering te GGSA Vaaldriehoek toegeken word. Byvoorbaat geluk aan
almal, vir hulle wat minder gelukkig is, onthou daar is nog ‘n jaar om te probeer, moet net nie moed
opgee nie. Dit is aksies soos hierdie wat gaan maak dat individue by GGSA gaan aansluit as lede,
ons moet ons lede waardeer en erkenning gee waar nodig.

Fokus area’s
T.o.v. GGSA bestaansreg, moet ons ons GGSA lede beskerm, dit is GGSA se grootste bate. Ons moet
drasties na oplossings soek om veral ander kultuur organisasies in te skakel en/of te werf. Met
minder as ‘n 1,000 lede het GGSA geen seggenskap op regeringsvlak nie. Hierna sal dringend
aandag gegee moet word. Produkte sal die finansiële las moet dra en elkeen sal moet inspring en
help om produkte te bekom, individue te oorreed om hul produkte via GGSA te bemark. Ons kan
nie bekostig dat ander organisasies en/of individue hierdie inkomste-lyn by GGSA wegraap nie. Ek
vra dat takbesture weereens hul lede vra om hul produkte via GGSA te bemark.

HENDRIK LOUW
PRESIDENT
GGSA

5
WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2010
Designation Name Telephone Email
Chairman/Membership Lucas Rinken 011-760-3009 lgrinken@iburst.co.za
Matters
Vice-Chairmen Gerard Marloth 072-211-2056 gerard.marloth@yahoo.com
&
John Stephens 011-948-9676 stephensjohn13@gmail.com
Treasurer Kriek Fourie 011-955-3533 leander.fourie@transnet.net
Secretary John Stephens 011-948-9676 Stephensjohn13@gmail.com
Events Secretary Margaret Humphries 011-955-2819 nerine@yebo.co.za
Librarian Graham Southey 011-787-4842 None
Assistant Librarian Louise Dick 011-679-4321 None
Membership Secretary Gerard Marloth 011-782-6599 gerard.marloth@yahoo.com
Communications Penny Evans 011-763-2465 penny.evans55@gmail.com
Editor Newsletter Neels Coertse 011-463-4049 neelscoertse@wirelessza.co.za
Cemetery Coordinator Giel Nel 079-523- gielnel100@gmail.com
5069
Product Sales Barbara Bouwer 011-765-5034 barbara.bouwer@vodamail.co.za

Вам также может понравиться