Вы находитесь на странице: 1из 4

St Lucia-rally trip-report!

Almal kla oor gevriesde vingerpunte


met ons eerste stop by Boshof (tone
ook!). Tien manne het weggespring die
oggend: Gerhard, Schalk, John,
Groenie, Wilhelm, Tommy, Arno, Charle,
Neels en Mike. Die koue dring deur
murg en been. Terwyl ons ry sing ek “I
will survive” kliphard in my eie ore.
Hierdie is vasbyt, soos in die ou dae…
Die pad deur die Vrystaat vorder goed.
Ek is seker ek het ‘n paar Cheetah-
vlaggies halfmas sien hang hier en daar na die Cheetah/Bulls game…”.. Dont turn around
now, wipe that look off your face.…I will survive..” Koffie en ‘n brekkie op Bloem gaan goed
af. Almal is nog vuur en vlam vir die trip, ten spyte van die koue.

Ons handhaaf ‘n goeie spoed op die N1, draai af op die N5 en trek deur Winburg, Senekal,
Bethlehem, Harrismith, dan op die N3 na Van
Reenen. Die paaie raak baie beter, maar ons
betaal tolhekke dat ons hop! (Veral as mens
probeer omdraai binne in een!) Nou’s dit
“Oukraalliedjie” in my kop…”… Jy met jou
bandolientjie…” My boude is nou orals seer.
Ons vat ‘n afdraai na Bergville waar dit voel
soos ‘n Harley trip deur midde Afrika en ons
stop by die garage. Groenie se bike laat ons
lelik worry, maar hulle kry hom ge-reset en ons
stop in Winterton vir ons eerste oornag by die
Purple House.

Die eerste aand doen sy naam gestand as die seerste…. Ons braai op min hout en baie
drankies. Neels bring musiek (“I am, I said..”) Almal is moeg om so baie drank saam te ry
en ons raak ontslae van dit. Sommiges gaan slaap heeltemal te vroeg, ander eers bietjie
later… die krummelpap en sous wat die gasvrou bring is koning! Veral die sous, dis amper op
voor die vleis gaar is. Ons kry met interessante karakters te doen die aand, Hooterbek
(wat die hele dorp wakker hou met
interessante staaltjies) en Smegal
(Lord of the rings) wat ons aanval net
voor ons gaan lê…

Vroegoggend is ons weer op (getrou aan


tradisie…gmf) en oppad ná ‘n lekker
ontbyt. Op die N3 word ons vir oulaas
herinner aan die winter toe dit yskoud
raak by Mooirivier (thermals, my ass!).
Ons druk deur besige hoofweg-verkeer
tot in Umhlanga (ons kry hier die
eerste keer die see-reuk in ons helmets!) waar, by die Harley-handelaar, ‘n paar ouens
hulle bikes laat regmaak, reg-tune en karring, want nie almal ry Sportsters nie…hehehe…

Ons trek uiteindelik weer weg (na ‘n


lekker ete) oppad Noorde toe. Dit
gaan stadig tussen die verkeer
deur tot by Ballito verby, dan vloei
die verkeer beter op die N2. Nog
tolhekke! (Dis so unfair dat ons
dieselfde as die “cages” moet
betaal!) Die pad begin al meer na
tuisland lyk - geen heinings,
loslopende diere, onverskillige
voetgangers… By Mtubatuba lyk ons
voorryers weer onseker waarheen
ons oppad is, maar na ‘n “site
seeing” toer deur die dorp kry ons eventually
die pad St Lucia toe. Ons is aangenaam verras
met die pragtige oornagplek (dankie Gerhard!)
Daarna gaan registreer ons by die rally site.
Ons registreer tot die aand om is… Die band is
great (die voorsanger lyk ook soos ‘n Lord of
the rings karakter…) maar word stilgemaak
deur die Tannie van die plek, want die seekoeie
gaan glo gesteur word. Ons verlaat die site
brom-brom, maar die geraas wat uitbreek
toe ons die HD’s opstart buite is so erg
dat daai seekoeie nou nog hardloop…(dink
hulle broei-seisoen is daarmee heen…)

Saterdagoggend soek ons die vliegveld vir


‘n rukkie. Dis waar die drag-racing en
games aangebied word. Skaduwee is ‘n
skaarste en ons koes-koes agter mekaar
vir die kwaai son. Dis somer hier, manne!
Die drags stel nie teleur nie. Ons neem
fotos van die mooi (en vinnige!) bikes. Ons ry rond en
kry talle Harleys by die St Lucia Boat Club waar ons die
lekkerste seekos en pizza eet. Hier moet Gerhard se
bike herstel word (terloops, ook nie ‘n Sportster nie…)

Ons kyk die rugby (Springbokke vs Italië) in ‘n plaaslike


pub en
dan
trek
ons aan
vir die prize-giving.

Kimberley Steelwings wen ‘n trofee (wat


ons binnekort terug in Kimberley verwag…)
vir die verste gery rally toe (yeah right!)
Ons is erg trots met ons oranje hempies
(dankie Gerhard) en kuier lekker verder
saam met Piet, tot hippo tyd weer
aanbreek.
Sondagoggend vroeg (soos gewoonlik) trek ons in
‘n ligte reëntjie weg, die wind is erg en ons
suffer deur die verkeer (verloor selfs een ou by
‘n Ultra City!) Die koue raak stelselmatig erger.

Die pad deur Golden Gate is sopnat, ons


kruip tot in Clarens. Die kuier by die lodge
en kaggelvuurtjie maak op vir die stress
van die dag. Ons slaap soos babas…

Maandagoggend (te vroeg) ry ons in ysige


koue tot in Bloem. Eers by Dealesville raak
dit beter. Mens kan sien die manne is haastig (veral die President) en ons stoot deur die
Vrystaat. Ons kom moeg maar tevrede in Kimberley aan, sowat 2250 kilometer agter die
rug.

Dames: Dit was koud, dit was ver, maar dit was jirlik!

(Die res van hierdie artikel is op aanvraag beskikbaar aan persone bo 80 wat deur hul ouers
vergesel word).

(geskryf deur Charle Koegelenberg)

Вам также может понравиться