Вы находитесь на странице: 1из 6

STEELWINGS KIMBERLEY

The time to ride is now…

Welkom terug in die saal Steelwingers!


Dis ’n nuwe jaar met nuwe dinge en ons
skop sommer af met die 2013 komitee.
Welkom aan almal wat verkies is en ons
weet dat spanwerk enige iets vermag!
Dit gaan lekker wees om saam met julle
te werk.

Die komitee is soos volg :

Gerhard (President) Graham (Vice-President) Neels (Road-Captain) Babs (Treasurer)

Ineke (Secretary) Danie (PRO) Groenie (Events)

This year promises to be a big one with a calendar filled with rides and events. We urge all our
members to join us on the rides and to contribute their part in our family.

As the new committee we hope that you will make this a year to remember and we also want to
make it a safe one. A big thank you to Gerhard for the little booklet on pack riding. Swot julle
tekens en reëls mense….
Outrides

Hartswater:

Die Noord-Kaap is nie vir sissies nie. Hier word dit warm met mening en oppad Hartswater toe
was ons weer goed gelooi deur ou spikes. Ons moes net eers stop op Warrenton want as die
Harley op petrol hardloop, dan moet ons seker ook so knertsie water inkry voor jy ook langs die
pad gaan staan….

Pre-Ride Water ASB!!!!

We were pleasantly surprised with an exotic drink upon arrival at The Barron Galley
especially after a very hot trip. Then it was onward mates…to the bar we go (party manne
het maar moeilik aan daardie “pink drink” gedrink…maar dit was nogsteeds lekker).

Ongelukkig was daar so bietjie bad luck saam die ride. Pap wiele is darem nie ’n grap op so
lekker ride nie, veral nie as jy uitsien na die lekker ete nie. Sorry Babs, lyk my Murphy wou
bietjie jou geduld toets.

Dankie aan die Steelwingers wat die reëlings getref het! Dit was ’n baie lekker ride!
So smile jy met ’n dop in die hand Charl……

Christiana :

The next ride saw us on our way to the Protea Hotel at Christiana. Slightly cooler weather served
as a relieve and we took off just before 11:00 (…sorry dat ek laat was).

Babs gestures that “This time…no flat tyres”

17 Harleys het uit Kimberley vertrek oppad Christiana toe en ons het Kimberley sommer goed
opgedreun oppad uit. Met aankoms was van ons aangenaam verras met hoe mooi die venue is en
het die koppe vinnig begin draai oor die moontlikhede van ’n “over-night” trip…
We were treated with a 3 course buffet which only means one thing…jy kan vir jouself inskep!
Eish…the only thing that might hold you back from over doing it is not extra weight on the bike,
but more the bad combination between riding and the “magie vol, ogies toe” occurrence.

Opregte dank aan die reëlingskomitee…dit was een vir die boeke!

Social

St. Paddy

They say you get drunk and then you get Irish. All I know is that some of us can do both. At the club
house is difficult to find a O’Driscoll, O’Connor or O’Flatley but you will definitely find the
“O’Goodness, hierdie dop het skop”!

Hier is so paar fotos om te wys wat als in die goue pot gekook het…wat toe later oor gekook het…en
toe is dit later net tap dancing en wie weet wat nog.

Thank you social committee, you did Paddy and the Steelwings Kimberley clan proud!
Gemeenskap

CANSA

Ons sluit die nuusbrief af met ons bydra tot die CANSA Relay for life. Ons is trots daarop om deel te wees van
ons gemeenskap en om te kan help waar ons kan. As chapter weet ons, soos Neels altyd sê, dat enige
iemand met kanker gediagnoseer kan word. Dit is daarom dat ons ons deel maak van hierdie organisasie en
dan natuurlik om die gemeenskap so bietjie met die Harleys te spoil…

Gerhard en Ineke handig ons donasie oor aan CANSA

…o0o…

Вам также может понравиться