You are on page 1of 12

Harley Davidson – Stormsrivier Roadtrip

In Januarie 2012 ontvang ons ‘n telefoon-oproep. “Kom julle saam?”. Dis Gerhard wat praat. “Waarheen?”.
“Stormsrivier toe. En ons gaan by Jeffreysbaai verby oppad soontoe”, kom die antwoord. “Ons is daar”, is die algemene
reaksie en so begin die afwagting vir almal – Gerhard, Neels, Ria, Wilhelm, Florence, Hennie, Christine, Charle en Ineke.
Op 16 Maart kom ons almal by die Klubhuis bymekaar en Gerhard en Neels gee die finale reëlings oor wanneer ons
mekaar waar moet kry en wat ons als moet onthou. Terug by die huis word die laaste goedjies reggekry en ons wag in
afwagting vir 21 Maart om aan te breek. Dinsdag-aand, 20 Maart, kry ons ‘n boodskap van Babs wat sê hulle verwag ons
die volgende oggend by hulle huis en dat daar knertsies vir ons sal wees voor ons die lang pad Stormsrivier toe moet
aanpak. Woensdag-oggend is almal gereed en klok van 05:30 by Babs en Tommy se garage in vir die beloofde “ietsie”
wat sou help met die ergste spanning. Sommiges was egter laat aangesien hulle die belangrikste dokumentasie vir die
trip – motorfiets-lisensie – moes opspoor, maar gelukkig kry Ineke toe wel Charle se lisensie in haar beursie. Om 06:00
ontmoet almal by Ranch Motors, die roete word weer bespreek, ry-posisies word toegeken en toe brul die “bikes” en die
Jeep en daar gaan ons!

Die eerste 115km word vinnig afgelê en ons stop by Oranjerus net buite Hopetown. Die vriendelike mense daar het vir
ons heerlike warm, sterk koffie gereed gehad wat baie gehelp het om die koue vingers en bene te laat ontspan – mens
besef nie hoe fris die oggendlug kan wees teen 120km/uur op die rug van jou ysterperd nie.

1
Gerhard en Neels het vooraf gereël dat hulle vir ons ontbyt moet voorberei en ons geniet ‘n heerlike boere-ontbyt (of is dit
nou ‘n Engelse een?) voor ons die res van ons reis aandurf. Tussen Hopetown and Phillipstown, waar die volgende stop
sou wees, het Wilhelm ‘n klein probleempie met sy motorfiets, maar gelukkig is Gerhard gou byderhand met die nodige
“tools” en maak ons die probleempie vinnig reg. Die res van die pad tot op Phillipstown word sonder voorval afgelê. In
Phillipstown aangekom, lyk dit of die hele gemeenskap op die sypaadjie saamdrom om die geraas van die Harley’s te
kom aanskou. Almal praat in verwondering oor die “bikes” en as hulle eendag groot is wil hulle ook sulkes hê. Die
opgewondenheid is duidelik sigbaar toe die ysterperde weer opgesaal word en daar gereed gemaak word om te vertrek
nadat almal se bene gerek is en ons al Florence se Bioplus-sweeties opgeeët het. Met ‘n geraas van “epidermiese
proporsies” trek ons weg om die volgende 110km aan te durf. Die pad was egter ‘n nagmerrie – soveel slaggate het
niemand verwag nie, en Florence het soos ‘n “snow-fairy” gelyk soos wat sy haar bes probeer het om al die slaggate aan
te dui. Gelukkig het ons sonder voorval in Hanover aangekom, maar almal was dit eens dat hierdie pad nie vir sissies is
nie!

Die volgende 90km na Middelburg word ook vinnig afgelê, want die idée aan die Keg in Middelburg en ‘n “lekker koue
enetjie” hou almal gemotiveerd en aan die gang.

Vanaf Middelburg ry ons tot by Graaff Reinet waar almal se tenks – die “bikes” en die mense sin – hervul moes word en
gaan eet ons op aanbeveling van die “locals” by ‘n restaurant met die naam van Pioneers. Hoewel die diens nie baie
vinnig was nie, want Gerhard en Neels het die horlosie BAIE fyn dopgehou, was die kos en die geselskap uit die boonste
rakke en was ons maar traag om van die tafels op te staan om die res van die pad aan te durf.

2
As ons toe geweet het wat ons nou weet, het ons dalk net daar in Graaff Reinet gebly. Skielik het die temperatuur gestyg
tot ‘n verwoedende 39 grade en voor ons by die volgende beplande stop kon uitkom, was almal moeg en warm en het ons
heerlik uitgekamp onder ‘n boom wat welkome koelte gebied het in die warm son.

Hoewel dit nog net so 180km was tot op Jeffreysbaai, het die boude begin protesteer en sekere ryers (Gerhard, ons sal
nie name noem nie) het zig-zag bewegings gedoen net om seker te maak dat hy nie té verveeld raak nie. Christine en
Ineke het egter heerlik saamgesing met al die musiek in die “back-up vehicle” en was dit ook ‘n gulde geleentheid om
foto’s te neem van die “bikers” en mooi plekke langs die pad.

Me

Met die aankoms in Jeffreysbaai, was almal baie opgewonde om die Blue Horizon woonstelle te sien, en het almal gou vir
hulle ‘n skrop-plekkie vir die aand uitgekies. Christine en Hennie was in die “Honeymoon-suite” maar ongelukkig moes
hulle al die mense die aand in hulle suite onthaal. En was dit nie ‘n geslaagde partytjie nie. Ons moes immers van die
stress van die dag ontslae raak en almal het hulle beste gegee (hie hie hie). Gerhard het begin om die allerheerlikste
seekos-potjie aanmekaar te slaan, terwyl die dames “snacks” voorberei het wat ons kon geniet. Getrou aan Florence-
tradisie het sy die tequila gaan haal, en was dit ook nie lank nie of al die dames het “gehoit-hoit” met ‘n suurlemoen en
sout in die hand.

3
Charle en Ineke het egter genope gevoel om die groep aan “smartie-dop” bekend te stel en sal daar voortaan met nuwe
respek na smarties gekyk word. Hennie het tydens hierdie oefening agtergekom dat hy nie op Gerhard se woord kan
staat maak wanneer dit kom by hoeveel smarties nog oor is nie, Ineke tel nie verkeerd wanneer dit kom by 5 nie en
Christine het daardie aand narstiglik na haar kontak-lens moes soek, want anders kon die “back-up vehicle” nêrens verder
ry nie. Indien enige iemand raad wil hê oor hoe om ‘n “disappearing act” te vervolmaak, is Ria die aangewese persoon
om te vra – sy weet hoe! En Moemfie sal die hoogtepunt van daardie aand bly (Florence kan meer lig hierop werp!).
Tydens hierdie sessie het die hele groep ook geleer hoe om te kommunikeer deur middel van vinger-taal, wat natuurlik
handig te pas was tydens die res van die “roadtrip”!☺

Die volgende oggend het ons almal ‘n heerlike ontbyt by Café Kima, op Jeffreysbaai se strandfront gaan geniet (party het
die ontbyt minder geniet as ander – weens verskeie redes - en party was sommer net moeg).

Van hier het ons vertrek en heerlik rondgery. Op Neels se aandrang het ons (wat gevoel het soos 10 minute na ontbyt)
gestop by so klein winkeltjie, waar daar “homemade pies” gekoop moes word. Met moeite is hierdie “pies” verorber, maar
hierdie stop het in ‘n spesiale ervaring ontaard nadat Gerhard ‘n seun wat blyk of hy verstandelik gestremd was op sy
motorfiets gelaai het en vir hom die “spin” van sy lewe gegee het. Toe Gerhard hom uiteindelik weer afgelaai het, het die
seun sy arms styf om Gerhard se lyf gedruk en vir hom ‘n gebed gedoen. Nodeloos om te sê, het die ander van ons wat
dit aanskou het, met ‘n traan in die oog weggedraai. Ons het tog soveel om voor dankbaar te wees! (die seun is in die
agtergrond op die foto van Ria en Christine).

4
‘n Besoek aan die hawe by St. Francis Bay en ‘n ligte ete (alweer) by ‘n seekos-plekkie (jammer maar daardie naam het
ek vergeet) is afgesluit met ‘n draai deur die kanale van St. Francis Bay. Let wel, dit is in Suid-Afrika al lyk dit soos ‘n
Europese dorpie uit ‘n katalogus. Dis dan ook hier waar ons op Harley Straat afgekom het en nodeloos om te sê is
verskeie foto’s hier geneem.

Daar was geen ander manier as om hierdie heerlike dag af te sluit met ‘n ete by die legendariese TAPAS in Jeffreysbaai
nie. Gelukkig het ons gaan plek bespreek en het ons tafel in afwagting vir ons gewag toe ons daar opdaag. Wonderlike
geselskap, fantastiese kos, ‘n baie oulike “waitress” wat die manne kon hanteer, ‘n verrassings-drankie wat Graham Smit
vir ons gereël het en ‘n mede-Harley-geesdriftige al die pad van Pretoria, het hierdie aand ‘n onvergeetlike ervaring
gemaak. O ja, en dan was daar natuurlik die foto van Hennie op die strand wat soveel vermaak verskaf het!

5
Ongelukkig was die kommunikasie na die suksesvolle kuier by Tapas nie 100% nie, en het almal nie geweet van die
beplanning om reeds 09:00 die volgende oggend te vertrek nie. Ineke was laat en sy het dit vir die res van die “roadtrip”
gehoor. Elke keer as daar oor tyd gepraat is, het almal soos een man in haar rigting gekyk en het sy ‘n punt daarvan
gemaak om nie weer laat te wees nie. Gelukkig het die ontbyt se voorbereiding lank gevat (een leemte in die diens van
Jeffreysbaai, maar miskien is dit omdat daardie mense by die see woon) en het sy darem nie die groep vir té lank laat
wag nie. Na ontbyt is voorrade gaan aankoop by die mall en het almal ook hulle reënpakkies aangetrek aangesien die
son nêrens te bespeur was nie. Christine en Gerhard het als gekoop wat nodig is en die pad Stormsrivier toe is
aangepak. Dit was nat!! Niemand het egter te veel gekommer nie, want die vooruitsig van twee dae se rustigheid by die
Stormsrivier Nasionale Park was in die vooruitsig. Ons het by die brug gestop en eers ietsie genuttig vir die droë kele.

Van hier is ons na die Stormsrivier Village en was dit nou ‘n aangename verrassing om by die Marilyn’s 60s Diner te stop
en ‘n ware 60’s belewenis te hê met Elvis, James Dean, Marilyn Monroe, cadillacs en juke boxes was regte egte Grease
musiek speel. Dit was ongelooflik! Amerikaanse pannekoek, “cheese burgers” en milkshake was op die spyskaart en kon
die Elvis in sommige van ons na vore kom. Beslis een van die hoogtepunte op die “roadtrip”.

6
Met moeite het ons onsself weggeskeur van die heerlike kuier en atmosfeer by die Village. Ons was egter nie
teleurgesteld nie, want ons volgende stop was selfs nog beter. Ons huisies by die Stormsrivier Nasionale Park het ons
nie teleur gestel nie en kon jy omtrent die branders hoor of moet ek se voel breek in ons huisies. Die natuurskoon was
asemrowend en ons het weereens besef dat ons in die mooiste land in die wêreld bly en dat die Vader dit alles vir ons
moontlik gemaak het. Neels, Ria – ons is almal baie bly julle het hierdie plekkie ontdek en dit vir ons gaan wys. Dit was
sommer sielesvoedsel vir die res van die jaar!

Die weer was nie presies soos wat ons dit bestel het nie, maar ten spyte hiervan het Gerhard weereens die allerheerlikste
beesstert-potjie voorberei. Ria en Christine het peuselhappies voorberei en Ineke was verantwoordelik vir die
voorbereiding van die “melktertjies”. Ons het heerlik gekuier en tot arme Christine se ontsteltenis was dit weer in hulle
huisie! Die manne het bietjie vasgevat daardie aand en Gerhard het tot die ontdekking gekom dat kerslig heeltemal te
helder is wanneer mens foto’s wil neem.

7
Die “suspension bridge” was die volgende op ons agenda. Vroeg na ontbyt het ons almal bymekaar gekom en die
wandelpad aangedurf na die brug wat oor die see hang. Die stap soontoe was heerlik, maar toe ons terug kom het dit
begin reën en boonop was 80% van die pad trappies wat ons moes opklim. Dankbaar het ons neergesak by die
Musselcracker Restaurant waar ons gerus en geeët het en toe eenparig besluit het dat ‘n middag-slapie die aangewese
ding sal wees.

8
Vir die eerste keer het die weer ons ‘n “gap” gegee en dit was die vinnigste wat Neels nog ooit die vuur aangesteek het
sodat ons darem een keer kan vleis braai. Braai-broodjies is vinnig-vinnig aanmekaar geslaan en net voor die reën weer
kon uitsak, was ons vleisies gebraai en ons gereed om te eet. Almal was dit eens dat niemand ons ooit sou glo dat ons
reeds teen 19:00 klaar gebraai was nie. “The days of wonders have not yet seized”.

Met die gedagte dat dit ons laaste aand by die see is, het ons lekker gekuier en sommer al begin wonder waarheen die
volgende “roadtrip” moet plaasvind. Elkeen was op die een of ander stadium besig met hulle eie gedagtes en was almal
besig om aangename herinneringe van hierdie “roadtrip” iewers te bêre waar dit later weer uitgehaal sal word en waaroor
daar nog vir baie lank gelag sal word.

9
Ons laaste oggend by Stormsrivier is afgesluit met ontbyt by die Musselcracker Restaurant en die lang pad huis toe moes
aangedurf word. By Uitenhage stop ons vir ‘n “pie” en coke. Magies vol en daar trek ons weer. Hierdie rit was egter van
korte duur, want toe Neels die afdraai sien na Thamela Farmstal en die feit dat hulle tuisgebakte “pies” verkoop, draai ons
opslag hier in en almal bestel “pie, chips en gravy”. Dis ook hier waar ons ‘n ou “traveler” ontmoet wat volgens die mans
deur sy vrou kwaad gemaak is en toe op sy fiets geklim het en die lang pad na nêrens aangedurf het. Vriendelike mense
en heerlike “pies” maak van hierdie stop ‘n onvergeetlike ervaring.

By Graaff Reinet aangekom, besef Christine en Ineke dat daar weereens ‘n man in die plan was, want niemand weet
waar ons gastehuis is nie en so het hulle ook nie daaraan gedink om vir ons die adres te gee sodat ons dit in die Jeep se
slim GPS kan invoer nie. “Never fear, when Gerhard is near”, en dis net ‘n klein rukkie se staan en wag by die pragtige
kerk in die midde-dorp voor hy ons kom haal en ons begelei na die gastehuis – Aan die Oewer. Hier word ons vriendelik
ontvang deur die eienaar van die gastehuis en sy BAIE vet Labrador wat ons sommer dadelik tuis laat voel.

Die “ou mense” trek uit en vaar die kroegie binne, maar Charle en Ineke (die jonges op hierdie “roadtrip”) besluit dat hulle
nie in Graaff Reinet kan wees sonder om ‘n besoek aan die Vallei van Verlatenheid te bring nie. En hulle was nie
teleurgesteld nie. Terwyl hulle nog op die berg is, kom daar ‘n vreeslike weer op en die hele Vallei word deur mis bedek.
10
Sjoe, skielik kan mens verstaan waarom dit die Vallei van Verlatenheid genoem word. Toe ons terug ry deur die park
word ons deur twee groot koedoes begroet toe ons stil-stil om ‘n draai “free”. Nooit gedink ‘n Harley kan so sag loop nie!

Terug by die gastehuis was ons aangenaam verras om te sien dat een van die kamers ‘n binnes-huise braai het en kon
ons vir oulaas weer ‘n tjoppie op die kole gooi en natuurlik weer braai-broodjies maak – hierdie keer volgens elkeen se eie
bestelling (en daar was 9 verskillende resepte!). Die laaste blik kondensmelk is ingespan om vir “melktertjies” te sorg en
met die klanke van Elvis, die Staccatos en Westlife in ons ore het ons gelag, gesels en vir oulaas saamgekuier.

07:00 het ons gaan aansit vir ontbyt. Sekeres van ons het nie warm water gehad nie (was toe als glo die een of ander
“trip switch” se skuld), terwyl die ander heerlik vars en uitgerus was. Oppad Engen garage toe, het ons vir Hennie verloor,
maar gelukkig op die uithoeke van die dorp weer opgespoor – dankie tog vir “back-up vehicles” en Florence se oulike
speakers wat haar toelaat om foon-oproepe te ontvang terwyl sy ry. Op Middelburg stop ons vir ‘n “cappacino-on-the-go”
en die tannie by die koffiewinkel verseker ons dat die die lekkerste cappacino in die hele Middelburg is. Op Hanover stop
ons weer – en raai wat eet ons – ‘n “pie” – en almal ruil weer gedagtes uit oor die slegte stuk pad wat voorlê. Wonder of
ons weer die “snow-fairy” gaan sien vandag? Ons ry tot op Orania, waar ons by die Afsaal-restaurant stop en ietsie drink
en sommer reëlings tref vir ‘n moontlike “outride” vir die Klub op ‘n Sondag-oggend. Net toe ons wil vertrek jaag ‘n man
met ‘n quad ons in en gee vir Neels ‘n kaartjie en sê dat hulle so opgewonde is dat ons daar gestop het en dat hulle ons
graag weer sal wil ontvang. Orania beplan glo ‘n rally – ‘n regte, egte Biker’s rally – “and we are invited”.

Ongeveer 5km voor Kimberley trek Neels af en ons kom almal bymekaar. Neels bedank almal vir die goeie gees en die
manier waarop almal gery het en saamgedoen het. Christine word veral bedank vir haar bereidwilligheid om die “back-up
vehicle” te ry. Neels noem ook dat dit baie hartseer was dat ons op hierdie trip vir Moemfie moes begrawe (hie hie hie).
Florence en Hennie sê dankie vir die wonderlike reëlings wat Gerhard en Neels getref het. Ineke deel almal mee dat dit
beslis die laaste “trip” sal wees wat sy nie met haar eie “bike” ry nie. Skielik bly niks anders oor as om op jou eie “bike” te
klim, elk met sy eie gedagtes en ‘n dankbare hart teenoor God dat Hy dit vir ons moontlik gemaak het en veilig bewaar
het.
11
Die Harley Davidson–Stormsrivier-Roadtrip was inderdaad ‘n groot sukses!!! Wanneer die 6 dae van hierdie “roadtrip” in
oënskou geneem sou word sal almal die volgende onthou: “snow-fairies kan op Harleys ry; smarties moet met respek
hanteer word; Moemfie mag dalk dood wees; “sign-language” kom handig te pas; sommige strandfoto’s is privaat; en
kerslig meng in met laat-aand foto’s.

---oOo---

12