Вы находитесь на странице: 1из 3

STEELWINGS KIMBERLEY NUUSBRIEF

MAART 2019
… uit die KLUB

So het die klub afgeskop met ‘n splinternuwe jaar. Die


ou jaar wat heerlik was is verby en daar word met groot
verwagting gekyk na die manewales wat beplan word vir
ons lede vir 2019. Ons president van 2018, Charle
Koegelenberg is weer aan stuur van sake vir 2019 saam
met sy span. Ons wens hom alle sterkte toe.

… die GROEP

H.O.G. VALENTINES RALLY NA CLARENS

Ons het Vrydagoggend so om en by half tien uit Kimberley vertrek.


Moes eers wag vir Hennie en Christine…Hennie moes eers sy pligte
oorgee.

Met vol tenks en groot


opwinding is ons uit
Kimberley. Vinnig moes ons
van al ons ‘skills’ gebruik
maak om regop te bly met
reën van hier tot in Clarens.

“Sekere” mense het vergeet


om hulle ‘rain cover’ op te sit
en was tot die vel deurdrenk
met water. Met ons aankoms
in Clarens het ons vure
gestook vir die klere om droog
te word. Intussen het ons kele
natgemaak om die innerlike te
versterk by Vito’s.
Met heerliike kos en goeie geselskap was almal was op hulle snykant.

Die volgende dag is die kredietkaarte tot hulle maksimum uitgeput met nuwe aankope en daar
was weereens lekker gekuier.

Saterdagaand was
die hoogtepunt met
fantastiese musiek
en Kimberley, getrou
aan ons aard, het
gesorg vir vir die
meeste gees totdat
selfs die ‘band’ ons
geloof het.

Nadat ons heerlik


saam met ou vrinne
gekuier het, het
“UBER” ons later
kom optel vir nog
verdere gekuier by
‘Friends’.

Sondag het ons baie lekker in droeër weer teruggery Kimberley toe en het vir onsself belowe om
volgende jaar weer so te maak. - Ria du Plooy -

OUTRIDE 23 FEBRUARIE 2019 Halfway House / Cheers / Klubhuis

Die ‘bar men’ het by elke


pitstop gestem vir die
mooiste ‘bike’.

Hennie Venter en Malan


Harmse het die prys gedeel.
… los NUUS

Ons wil net vir Neels & Ria,


(se 3rde) en Gerhard en
Annette (se 5de), baie geluk
sê met hulle pragtige nuwe
kleindogter.

Nicole van Rooyen

… dinge om na uit te sien

• Outride 17 Maart 2019

• Skeleton Coast Rally 23 – 26 Mei 2019

• St. Lucia Rally 14 – 16 Junie 2019

CHRISTO se middeljarige dame…


Okey. Op die ouderdom van ‘n jonge 41 jaar verstaan
ek vir die eerste keer waarom hulle na ‘n ou ‘custom’
motorfiets verwys as ‘n sy, ‘n haar, of ‘my baby’.
Daar stap hierdie mooi middeljarige vrou in die ‘mall’
maar jy het geen idee wat dit gevat het om haar so te
kry nie. Dit gebeur nie net vanself nie.
Kom ek verduidelik ……….

Eers besluit ons, ons gaan die Legend oorbou. Hoekom


nie net verkoop of inruil vir ‘n mooi jonger model nie.
Nee! ….ons is te lief vir haar.
Ons bespreek dit toe rustig een aand. Sy kort groter
wiele. Haar saal is te groot. Die ‘tank’ moet kleiner om
die groot wiele te komplimenteer.

Al hierdie dinge vat ‘n maand en dit is nogals ‘n storie maar uiters suksesvol op die einde van die dag.

Alles is goed en wel, maar daar is geen nut om al hierdie geld en tyd aan jou ‘baby’ te spandeer en haar nie
te ry nie! Ons besluit toe ons ry Saterdag ‘n draai met haar saam met die klub. Dis ‘n proses want sy is
omtrent 6 keer ouer as die ander by die klub. Ek sit haar toe al Dinsdag op ‘charge’. Die wiele is 100%
.…onthou hulle is nou groter en stywer as die oues. Woensdag is botox, skuus, brakefluid dag en dit is
tydrowend om die voor- en agterkant in orde te kry. Donderdag maak ons gou die ‘choke’ reg en ons check
die olie. Vrydag is die kleedrepetisie.

Ek besluit om met haar werk toe te ry om haar bietjie te gaan ‘afshow’. Groot fout! Ek was te haastig. Eerst
‘start’ ek haar in die garage en vergeet om ‘n pan onder haar te sit. Sy mors die hele vloer vol olie. Ons is nie
kwaad vir mekaar nie, maar ek sê maar jammer. By die vulstasie gooi die man haar te vol en soos ek ry mors
my hele lyf vol petrol. Ons raak nou krapperig vir mekaar maar ek byt op my tong.

By my werk besluit ek om haar mooi te was en blink te vryf, onthou ons wil ry môre. Ons maak toe op.
Toe ek later by haar kom loop die petrol by die kraantjie uit. Hy het losgegaan van oudgeit en ek skarrel om
dit reg te maak.

Oppad huistoe ry ek oor ‘n ‘speed bump’ en kap die ‘kick stand’ se ‘bracket’ af. Okey….nou raak ons die
bliksem in vir mekaar. Halfpad huistoe by die besigste 4-rigting stop in Kimberley vrek sy vir geen rede nie.
Ek stoot haar huistoe. Nodeloos om te sê: “Daar is nie Saterdag gery nie”.
As jy weer ‘n mooi middeljarige vrou in die ‘mall’ sien, weet net….dit vat MOEITE. - Christo Botma -

Вам также может понравиться