Вы находитесь на странице: 1из 15

Ingesluit in die pak:

Storie: Jona en die vis Aktiwiteite vir die week Ouerhandleiding

Bybelklub vir Kinders

Jona en die vis

endag het God vir n man met die naam Jona gevra om iets te

doen. God wou gehad het Jona moet na die stad Nineve gaan en vir die mense daar s dat hulle moet ophou om lelike en stoute goed te doen. Jona was baie lief vir God, maar hy was niks lus om dit te doen nie. Nineve was nie n lekker plek om te wees nie. Jona besluit toe om nie vir God te luister nie en hardloop toe weg en klim op n skip. In die middel van die nag het daar n groot storm gekom. Almal op die skip was bang dat die skip gaan sink. Jona was ook bang. Hy het geweet God het die storm gestuur oor hy nie vir Hom geluister het nie. Hy s toe vir die mense wat op die skip werk, die matrose, om hom van die skip af te gooi. Dan sal die storm ophou. Die matrose gooi toe vir Jona van die skip af in die see en sowaar! Die storm hou op! Toe Jona in die water val, het n groot vis hom ingesluk. Binne in die vis se maag kon Jona asemhaal. Hy het toe gebid en vir God gevra om hom te red en ges dat hy baie jammer was dat hy nie geluister het nie. Daarna het die wonderlikste ding gebeur! Die vis het vir Jona op die land uitgespoeg! Jona was so bly en het hierdie keer vir God geluister en dadelik Nineve toe gegaan om vir die mense daar te vertel van die Here.

Het jy geweet?
Die stad Nineve bestaan nie meer vandag nie, maar hulle het stukke van die stad oorgebou sodat mense kan sien hoe dit in die ou tyd gelyk het.

Hier is een van Nineve se hekke of ingange na die stad wat hulle oorgebou het. Hierdie is die Adad hek. In die ou dae was stede omring deur ho mure sodat ander mense nie kon inkom nie. Die naam Adad was een van die afgode wat die mense in Nineve aanbid het. Dit was een van die redes waarom God vir Jona Nineve toe gestuur het. Om hulle te leer van die Here.

Wat is n afgod? n Afgod is iets wat mense aanbid (voor bid)

wat nie God is nie. Soos bv. party mense aanbid beeldjies, in die ou dae het mense die son en die maan aanbid. Of hulle dink gode uit, soos bv. die god van ren, wat jy voor bid as jy wil h dit moet ren. Dit noem n mens n afgod.

Geheuevers
...Hulp kom net van die Here af. Jona 2:9

Hoe om die geheuevers te gebruik:


Druk die versie op die blad uit, knip uit en plak dit op 'n plekkie waar jy en jou kleinding dit elke dag die week kan sien en saam kan lees. Vra na n dag of twee vir jou kleinding om dit self te lees en/of op te s. Help waar nodig en lees elke dag saam om klem te l op die boodskap van die vers. Dit is lekker om 'n geheuevers boekie aan te skaf waarin jy al die vorige geheueversies kan plak vir toekomstige naslaan werk vir jou kleinding.

Aktiwiteite
Benodighede:
Storieblad van Jona en die vis soos ingesluit by die pak.

Aktiwiteit:

Lees die storie stadig en deeglik deur saam met jou kleinding. L klem op woorde wat hy/sy nie verstaan nie en gesels oor die betekenis daarvan. Gesels met jou kleinding oor om jammer te s en wat dit beteken, na aanleiding van Jona wat vir God jammer ges het. Lig dievolgende uit: 1.As jy iets teenoor iemand doen wat nie reg is nie, maak jy die persoon en vir God seer. 2.Om jammer te s beteken om te s dat jy weet dit wat jy gedoen het verkeerd was en die persoon seergemaak het. 3.As jy vir die persoon en vir God jammer s as jy iets gedoen het wat jy weet nie reg is nie, sal God jou vergewe. 4.As jy iets verkeed gedoen het, is dit belangrik om vir God en die persoon jammer te s. Vir ouer kinders: God gee vergifnis en die persoon vergewe jou.

Aktiwiteite
Benodighede:
Karton in verskillende kleure, swart pen, skr, gom, vissie patroon op volgende blad

Aktiwiteit:
Knip die vissie se liggaamsdele uit die gekleurde karton. Vra jou kleinding om die vissie aanmekaar te plak en dan die ogie in te teken met die swart pen. Gesels oor die groot vis wat vir Jona ingesluk het en die wonderwerk van hoe Jona kon asemhaal binne in die vis en later veilig op die land uitgespoeg is. Beklemtoon die volgende: 1. Die wonderwerk dat Jona kon asemhaal binne in die vis. 2. God se liefde vir Jona (ons) deur hom te red deur 'n vis te stuur.

Patroon
Vis lyfie: mond

oog

Patroon
Vis vinne:

Syvinne

Stertvin

Aktiwiteite
Benodighede: Aktiwiteit:
Patroon van sambreel op volgende blad, karton, gom, skr, inkleurkryte, foto van kleinding

Laat kleinding die sambreel patroon uitknip, indien hy / sy nog nie knipvaardighede aangeleer het nie, knip dit self uit. Laat kleinding die sambreel, wolke en blits straal vasgom op die karton velletjie, asook die prentjie inkleur. Gesels met kleinding oor hoekom mens 'n sambreel in 'n storm sal gebruik, teken rendruppels in op die prentjie. Verduidelik dat 'n sambreel ons beskerm teen die ren, net soos God ons beskerm teen die lewe se slegte dinge. Plak nou die foto van jou kleinding onder die sambreel. Verduidelik dat die sambreel soos God se liefde is wat hom / haar beskerm. Ons moet onder die sambreel bly om beskerm te word, net soos ons in God se liefde moet bly om beskerm te word in die lewe, soos Jona in die storie.

Patroon

Aktiwiteite
Benodighede: Aktiwiteit:
Karton / papier, pen, diagram op volgende blad. God het met Jona 'n pad gestap, Jona moes deur 'n storm gaan en ingesluk word deur 'n vis voor hy by God se plan met sy lewe uitgekom het. Stap saam met jou kleinding 'n entjie in 'n park of in julle woonbuurt en gesels oor die pad wat julle stap, waar bome staan, of daar enige ander kentekens is. Teken nou julle pad wanneer julle weer by die huis kom, gesels oor die pad en toets jou kleinding se geheue deur vragies te vra. Gesels nou oor Jona se pad saam met God voor hy by Nineve uitgekom het. Verduidelik dat daar baie ander paaie is wat mens kon volg op julle stappie vroer, maar dat die pad wat julle gevolg het julle op 'n spesifieke plek uitgebring het. Dit is dieselfde met ons pad saam met God, maar as ons wel 'n afdraai pad neem sal God ons weer terugbring op die regte pad, ons moet net na Sy woord en liefde luister. Voltooi die aktiwiteit deur die ontbrekende woorde in te vul.

Jona se pad
God praat met Jona. Jona____________. Jona klim op 'n boot en beland in 'n _____________. Die matrose gooi Jona in die water en Jona word ingesluk deur 'n ___________. Die vis bring Jona tot by land, Jona luister vir God! Woordkeuses: hardloop weg, storm, vis

Aktiwiteite
Benodighede:
Vers Jona 3:9, sneespapier, hart patroon op volgende blad, gom, toutjie / lint Jona 3:9 Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie. Vir die ouer: As ons berou toon kan God se wil verander, Hy forseer nie Sy wil op ons af nie. Ons dien 'n God van Liefde.

Aktiwiteit:

Lees Jona 3:9 soos volg vir jou kleinding: As ons stout was en vir God s dat ons jammer is, sal God vir ons vergewe en ons red. God is 'n groot God en is baie lief vir ons, Sy kinders. Ons het 'n God van liefde wat enige iets vir ons, Sy kinders, sal doen. Laat jou kleinding verskillende kleure sneespapier opskeur en plak op die hart patroon op die volgende blad. Gesels dat die hart God se liefde simboliseer vir ons, Sy kinders. Knip die hartjie uit en pons 'n gaatjie in die hart, soos op die patroon. Hang nou in kleinding se kamer op met 'n toutjie / lint.

Patroon

Vir die ouer: Jona en die vis


Teks in Bybel: Jona 1 - 4

Wat belangrik is:

Wat belangrik is in die boek van Jona is die volgende: 1. Wanneer ons regtig berou het oor ons sondes kan God die gevolge daarvan ten goede in Sy diens gebruik. Jona 3:1-3 2. Hy plaas ons, as ons waarlik berou betoon, weer terug op die regte pad. Jona 3 3. Al neem ons baie afdraai paaie op ons lewenspad sal God ons by ons doel in die lewe bring. 4. Gee elke dag jou lewe vir Hom en vertrou op Hom om jou op die regte koers te lei. Dan hoef die Here nie ompaaie met jou te stap nie.
Alle teks kopiereg Bybelklub vir kinders

Вам также может понравиться